Categories: Artikels, Gewasproduksie, KunsmisPublished On: 11th August 2025

Talborne Organics vier 25 jaar van gesonde grond: ‘n Pionier in organiese bemesting en grondgesondheid

By 4 min read
782 words

IMG_5508

Talborne Organics, ‘n trotse familie-onderneming, het sedert die vroeë 2000’s, met die bekendstelling van die gesertifiseerde VITA® organiese bemestingsreeks in Maart 2000, ’n leidende rol vervul in die bevordering van gesonde grond, gesonde plante en gesonde mense. Hulle filosofie lui Healthy Soil = Healthy Plants = Healthy People, en vorm die kern van hul missie.

Deur hoogs volhoubare en gekalibreerde organiese bemestingsmiddels te vervaardig en te versprei, ondersteun Talborne Organics kommersiële produsente, landskapontwerpers, en tuiniers met ‘n visie om gesondheidsbevorderende voedselbeskouing as standaard te stel, nie net nis nie.

Hoogtepunte oor 25 jaar: groei, innovasie en volhoubaarheid

Die oorsprong van Talborne gaan terug na die 1980’s toe Mike en Jenny Slabber die tendens raakgesien het van ernstige omgewingsbesoedeling in Europa as gevolg van die oormatige gebruik van kunsmis. Hulle passie vir omgewingsgesondheid het gelei tot die ontwikkeling van VITA® bemesting, wat onmiddellik nasionale en internasionale erkenning, veral met EU en Amerikaanse organiese standaarde, verwerf het.

Deur die jare het Talborne Organics gegroei tot ’n strategiese vennoot vir duisende boere, kwekers, landskapsontwerpers en tuiniers regoor Suider-Afrika. Hulle navorsingsgeoriënteerde benadering met streng toetsing en deeglike ondersteuning het die geloof in organiese boerdery se lewenskragtigheid gevestig. Die onderneming, wat direkte werkgewing vir sowat 70 persone bied, dra ook beduidend tot die ekonomie en breër landbou- waardeketting by.

Op 7 Augustus 2025 het Talborne Organics hulle 25ste bestaansjaar op ‘n betekenisvolle wyse gevier by Irene Country Lodge in Pretoria. Die byeenkoms het ’n gebalanseerde dagprogram gehad, wat ’n warm verwelkoming en ’n program van sprekers ingesluit het. Buiten vir die feit dat elke spreker die organisasie geluk gewens het met die besonderse mylpaal, was die sentrale tema van volhoubaarheid, gemeenskapsimpak en grondgesondheid deurgans bespreek.

MEC Vuyiswa Ramokgopa (Gauteng, Landbou en Plattelandse Ontwikkeling) het tydens die geleentheid haar visie uitgelig om honger te bekamp, volhoubare produsie te bevorder en landelike gemeenskappe te versterk deur samewerking en beleidsondersteuning.

Van organiese pioniers tot sleutelfigure in landbou

Grant Gove, van Talborne, het die byeenkoms geopen met ‘Founders Story’, wat die ontstaan van Talborne as ’n passieprojek van Mike en Jenny Slabber uitgelig het in ’n verhaal van visie, toewyding en ’n strewe na vernuwende organiese boerderypraktyke.

Gary Jackson (Jackson’s Real Food Market) het in “Clean Food, Local Roots” beklemtoon hoe hy klein-biologiese produsente verbind met bewuste verbruikers; ’n verhaal van etiese waardekettings en volhoubare bemarking.

MEC Vuyiswa Ramokgopa (Gauteng, Landbou en Plattelandse Ontwikkeling) het met “Sowing Hope, Growing Change” haar visie uitgelig om honger te bekamp, volhoubare produsie te bevorder en landelike gemeenskappe te versterk deur samewerking en beleidsondersteuning.

Rory Milbank (Eco-Agri Consultants) het in “Healthy Soil, Healthy Crops” indruk gemaak met sy klem op gedetailleerde grond- en sapontledings en op regeneratiewe grondpraktyke wat voedsaam en veerkragtig gewasse oplewer, deels deur Talborne se produkte.

James Kelly en Warren Milbank (Southern Block Farming) het in ’n paneelbespreking gedeel hoe hulle organiese bemesting met Talborne produkte topgehalte en natuurlik heerlike groente lewer.

Jane Griffiths, die skrywer van Jane’s Delicious Garden, het tydens “From Garden to Table” gepraat oor haar tuinbou-revolusie en die rol van Talborne–bemesting in haar visie om tuiniers in Suid-Afrika te bemagtig.

Sean & Nicola Freeman van Livingseeds het deur “Sowing a Movement” hulle pad van ’n eenvoudige saadprojek na ’n nasionale beweging gestalte gegee met meer as 1 200 organiese saadvariëteite en ’n fokus op tuislandbou en selfvoorsiening.

Arthur Mennigke, die “Naked Gardener”, het met “Gardens in Tune with Nature” die integrasie van organiese tuinontwerp en volhoubaarheid in pragtige, funksionele natuurruimtes beklemtoon gefundeer op ’n lewensfilosofie wat Talborne se benadering weerspieël.

Andy de Wet en Quinton Bean (De wet Plant Breeders, CND & The Aloe Farm) het hulle reis gedeel agter die teel van wêreldklas plantvariëteite – inslutent die 2023 Chelsea blommeskou kampioen Agapanthus ‘Black Jack’. Hulle jarelange toegewydheid, innoveering en passie bewys dat ware sukses geduld en doegerigdheid verg.

Genooide gaste, lede van die media en personeel van Talborne Organics het gesorg vir ‘n insiggewende dag met verskeie aanbiedings oor die voordele van organiese bemesting en die belangrikheid van grondgesondheid tydens Talborne Organics se 25ste verjaarsdag viering by Irene Country Lodge in Pretoria op 7 Augustus 2025.

Sestig persent van Talborne se landbou kliënte boer nie organies nie maar gebruik wel Talborne Organics se hoë konsentraat kunsmis om hulle grondgesondheid te herstel en te bou en die grondvrugbaarheid en produktiwiteit te verberter.

Talborne Organics se 25ste bestaansjaarviering het nie net ’n terugblik op hulle maatskappy se geskiedenis gebied nie, maar ook hulle verbintenis tot volhoubare voedselproduksie vir die toekoms bevestig.

Indien lesers graag meer wil uitvind oor Talborne Organics se benadering tot grondgesondheid, of van hulle produkte wil aanskaf, kan hulle gerus die webblad besoek by www.talborne.co.za of ‘n e-pos stuur aan Info@talborne.co.za.

1

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

1