vrystaat
Na 11 maande word kontrakteur vir doodspad aangestel
As gevolg van die haglike toestand van die R30 doodspad, het nagenoeg 25 mense die afgelope maande hul lewens verloor. Alhoewel Vrystaat Landbou (VL) die uiteindelike aanstelling van kontrakteurs (wat die R30 sal herstel) verwelkom, kon baie lewens gespaar gewees het indien die regering vroeër toegetree het. Kempen Nel,[...]
Vervoermaand – bloot politike oë verblindery
Terwyl Oktober deur politici as “vervoermaand” beskou word om kwansuis op die belangrike tema van die land se vooruitgang te fokus, moes talle landbouverenigings in die Vrystaat maar weer noodgedwonge self hand in eie sak steek om kritiese paaie te herstel. Dr Jack Armour, kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou[...]
Vrystaatse premier ontvang memorandum van boere
“Die huidige verskriklike toestand van meeste van ons Vrystaatse paaie kan nie net aan die swaar reën toegeskryf word nie, maar aan swak bestuur en verwaarlosing deur die Vrystaatse regering.” Dit was die openingsverklaring van die memorandum wat VrystaatLandbou (VL) vandag aan die Vrystaatse Premier oorhandig het tydens haar[...]
Heilbron-boere versoek beter polisiëring infrastruktuur om veediefstal aan te spreek
Boere in die Heilbron en omliggende gebiede meen hulle is totaal uitgelewer aan veediefstal. Dié inligting het aan die lig gekom tydens ʼn vergadering op 24 Maart 2022 in Heilbron waar Vrystaat Landbou (VL) en die Rooivleis Produsente Organisasie (RPO) met boere in die Heilbron en omliggende gebiede vergader[...]
Vrystaat-brande: Veevoer is besig om op te raak
Vrystaat Landbou (VL) het vandag in ʼn verklaring gewaarsku dat die herhaalde veldbrande in die Vrystaat die weidingsveld ernstig beperk het. Volgens die Kommersiële bestuurder van Vrystaat Landbou, Dr Jack Armour, is die 2021 veldbrande aansienlik meer as vorige jare. “Gegewe die bykomende voernood in droogte geteisterde gebiede, is[...]