Hilux
Word deel van die Hilux-familie…dis lekker
Dit is lekker om deel van die “in”-groep te wees! Met die vriendelike ondersteuning van Pat Hinde Toyota Springs blaf ProAgri nou saam met die groot honde. ’n Spiksplinternuwe 2016 Toyota Hilux 2.4 GD-6 dubbelkajuit-kragmasjien is vir ’n jaar lank tot ons redaksionele span se beskikking gestel sodat ons[...]
TOYOTA lewer nog ‘n skittervertoning
Toyota het nou ’n bykans onoorkombare voorsprong van meer as 24 558 verkope teenoor sy naaste teenstander op sy pad om sy markleierskap in Suid-Afrika die 37 ste keer te bekragtig. Toyota was ondanks ’n algehele markdaling van 10,1% teenoor voertuigverkope in Oktober verlede jaar die enigste vervaardiger wat[...]
Om die wêreld in ‘n balon en ‘n Hilux
Sedert Jules Verne se klassieke verhaal, Rondom die wêreld in 80 dae, in 1873 die lig gesien het, is daar ‘n soort romanse aan die uitdaging om met unieke vervoermiddels rondom die wêreld te reis, onder andere met ‘n lugballon. ‘n Bekende 65-jarige Russiese avonturier, Fedor Konyukhov, het pas[...]
Nuwe HILUX dubbelkajuit: Toyota verbeter wenresep
In die sestigers toe die eerste Toyopet bakkies en later Toyota Stout’s hier plaaslik geland het, het die plaaslike manne die gedoentes uit die Verre ooste maar skepties bekyk. Jy sien Ford F100 en Chev C10 was die plaasbakkies en Ranchero’s en El Camino’s was die dorpjapies se rygoed.[...]
Die boer en sy Hilux is steeds 'n gedugte span
Toyota Suid-Afrika Motors (TSAM) het sy markleierskap met die 12 049 nuwe eenhede wat gedurende Oktober verkoop is, verstewig. Dit verteenwoordig 20,3% van die totale verkope van 59 384 eenhede wat deur die Nasionale Vereniging van Voertuigvervaardigers van Suid-Afrika (Naamsa) bevestig is. Die maatskappy het 5 754 eenhede tot die uitvoermark bygedra, wat 'n aandeel van 17,8% behels.