domboer
Dom Boer se lag vir die dag:
Uit die mond van die suigeling Ouma Ydel besluit sy wil ook byderwets wees en laat haar hare heel kort knip. Kleinseun: “Ouma lyk nou glad nie meer soos ‘n ou vrou nie.” Ouma Ydel: “Dankie Kleinseun. Soos wat lyk ek nou?” Kleinseun: “Soos ‘n ou man.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Uitmuntende gehalte Heinie kry ‘n verkyker present. Later vertel hy: “Hierdie verkyker is nog beter as wat die advertensie sê: Op hom staan 20x vergroot. Wel, ek kyk nou al vir die 21ste maal en hy vergroot nog steeds.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Gebore vir politiek Krokodil kom onder die invloed van die nuwe Suid-Afrika se verkiesingswaansin en besluit om ‘n ANC-EFF-tak vir diere te stig sodat hulle ook kan gaan stem. Hy probeer Skilpad as eerste lid werf. Skilpad: “Nee, julle wil mos eiendom sonder vergoeding steel. Geen wettige besitter van[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Genugtig Man gaan na die kantoor van Binnelandse Sake om die dood van sy skoonmoeder aan te meld. Amptenaar: “Naam van die oorledene?” Man: “Afzichlia Wreedhart.” Amptenaar: “Geslag?” Man: “Nee, motorongeluk.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Sy prys is sy prys Tydens ‘n rustige Saterdagmôreritjie tussen die plotte deur sien Gawie ‘n kennisgewing wat sê: “Perd te koop.” Hy ry in en vind daar vir Dawie met ‘n lamlendige, wanstaltige ou perd wat lyk of hy enige oomblik kan omval. Gawie: “Is dit die perd[...]