Categories: GrappePublished On: 9th April 2018

Dom Boer se lag vir die dag:

By 1 min read
176 words

funny-farm-animals-1280×800-wallpapers-others-1280×800-wallpapers-1089114

Gebore vir politiek

Krokodil kom onder die invloed van die nuwe Suid-Afrika se verkiesingswaansin en besluit om ‘n ANC-EFF-tak vir diere te stig sodat hulle ook kan gaan stem.

Hy probeer Skilpad as eerste lid werf.

Skilpad: “Nee, julle wil mos eiendom sonder vergoeding steel. Geen wettige besitter van eiendom sal daarmee saamstem nie. Ek het my eie huis, my vrou het haar eie huis en al my kinders het hulle eie huise. Moenie op ons steun reken nie.”

Krokodil probeer vir Arend as lid van sy diere-ANC-EFF werf.

Arend: “Nee wat, met al julle toldiefstal, slaggate, omkoopverkeerskonstabels, minibustaxi’s en petrolprysstygings het julle die hele vervoerbedryf opgeflikker. Ek wil met julle niks te doen hê nie: Ek vlieg waar ek wil, my vrou vlieg waar sy wil en al my kinders vlieg waar hulle wil. Maar sê my – hoekom moet die party wat jy wil stig juis ‘n ANC-EFF-party wees?”

Krokodil: “Wel, jy sien die saak staan so: Ek het ‘n groot bek, my vrou het ‘n groot bek, al my kinders het groot bekke…”

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Categories: JokesPublished On: 9th February 2016

Dom Boer se lag vir die dag:

By 0 min read
19 words

funny-farm-animals-1280×800-wallpapers-others-1280×800-wallpapers-1089114

Vat so!

Heinie: “Ek is vandag nie heeltemal myself nie”

Hennie: Ek het nogal gedink ek bespeur ‘n verbetering.”

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Go to Top