Categories: GrappePublished On: 9th April 2018

Dom Boer se lag vir die dag:

By 1 min read
152 words

agrilag_1

Sy prys is sy prys

Tydens ‘n rustige Saterdagmôreritjie tussen die plotte deur sien Gawie ‘n kennisgewing wat sê: “Perd te koop.”

Hy ry in en vind daar vir Dawie met ‘n lamlendige, wanstaltige ou perd wat lyk of hy enige oomblik kan omval.

Gawie: “Is dit die perd wat te koop is?”

Dawie: “Ja.”

Gawie: “En hoeveel geld wil jy nogal vir die arme ou ding hê?”

Dawie: “Miljoen rand.”

Die volgende Saterdag ry Gawie weer by die plot verby en sien dat daar op die kennisgewing bo-oor “Perd te koop” geskryf staan: “Verkoop.”

Hy kan dit nie glo dat iemand die ou perd sou koop nie en draai weer in.

Gawie: “Het jy toe wragtig reggekry om die arme ou knol verkoop?”

Dawie: “Ja.”

Gawie: “En het jy toe wragtig miljoen rand vir hom gekry?”

Dawie: “Ja. Eintlik het ek hom verruil vir twee hoenderhane van vyfhonderdduisend rand elk.”

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Categories: JokesPublished On: 4th February 2016

Dom Boer se lag vir die dag:

By 0 min read
44 words

agrilag_1

Skitterende prestasie!

Dawie: “Ma, ek het vandag honderd persent in die skool gekry?”

Ma: “Mooi so. Ek is trots op jou. In watter vak het jy honderd persent gekry?”

Dawie: “Wel, eintlik in twee vakke: Vyftig persent in Geskiedenis en vyftig persent in Aardrykskunde.”

0
Tags:

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0
Go to Top