Agrilag
Dom Boer se lag vir die dag:
Takt Orige Heinie verpes ‘n pragtige, verstandige nooi by ‘n partytjie. Orige Heinie: “Ek neem aan jy ontvang meer uitnodigings as wat jy kan aanneem?” Pragtige, verstandige nooi: “Ek werk baie hard sodat ek nie eintlik dikwels kan uitgaan nie, maar as ‘n man my uitvra en ek wil[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Kan wees Is die storie waar wat hulle my vertel dat ‘n skaap so wankelrig loop omdat hy lank lam gewees het?
Dom Boer se lag vir die dag:
In die dorp gehoor Vrou aan haar man: “Ek hou niks daarvan dat jy so na elke mooi vrou op straat staar nie.” Man: “Hoekom sal ek na vroumense op straat staar as ek by die huis na al die vroulike skoonheid kan kyk wat ‘n man se hart[...]
Dom Boer se lag vir die dag:
Die skrif is aan die... Die grillerige gesprek gaan oor geeste-oproepery en spiritualisme. Dawie: “My broer is mos ‘n medium.” Gawie: “Ek het dit nooit vermoed nie. Waar kom jy daaraan?” Dawie: “Dit staan op sy onderbroek se rek.”
Dom Boer se lag vir die dag:
Goeie rede Orige Heinie: “Sal jy met my trou?” Verstandige mooi rooi nooi: “Nee.” Orige Heinie: “Hoekom nie?” Verstandige mooi rooi nooi: “Om mediese redes.” Orige Heinie: “Watse mediese redes?” Vestandige mooi rooi nooi: “Jy maak my siek.”