Dom Boer se lag vir die dag:

agrilag_3
In die dorp gehoor
Vrou aan haar man: “Ek hou niks daarvan dat jy so na elke mooi vrou op straat staar nie.”
Man: “Hoekom sal ek na vroumense op straat staar as ek by die huis na al die vroulike skoonheid kan kyk wat ‘n man se hart maar kan begeer…?”
Vrou (gevlei): “Oe, dankie hoor, Skattie.”
Man: “… op die internet.”