Syferfontein Bonsmaras bied aan: Die grootste vroulike aanbod van Syferfontein genetika

Teaser-1
Syferfontein Bonsmaras se leuse: In ons strewe na perfeksie, is die toonbeeld van wat jaarliks op hulle produksieveiling aangebied word. Op die 22ste Junie 2023, te Plaas Goodlands, Vrede Distrik bied Syferfontein Bonsmaras sowat ‘n 130 SP vroulike diere aan. Die vroulike, vroegryp diere is in verskillende produksie stadia’s en van uitstaande kwaliteit. Syferfontein volg ‘n streng teelbeleid en juis daarom is die erfdwang en retensie in die kudde baie goed.
Nico Pieterse, eienaar van Syferfontein Bonsamaras vertel: “Stoetteling is vir my tot ’n groot mate ’n diens aan die kommersiële boer en ook aan mede-telers. Vir my maak dit nie sin om ‘n bul of ‘n koei te verkoop en jy kan nie die kliënt help om suksesvol met sy beeste te boer nie.”
Die belangrikheid van teeldoelwitte
Nico is ‘n groot voorstander van die stel van teeldoelwitte. “Ek dink dit is baie belangrik om ten minste ‘n vyf jaar teeldoelwit te hê. Daardie teeldoelwitte moet standvastig gegrond wees, wat nie elke nou en dan aangepas word nie, andersins sal jy nooit by jou teeldoelwitte uitkom nie,” meen hy.
“Dit is belangrik om van dag een af jou teeldoelwitte reg te kry, en ‘n prentjie in jou kop te vorm oor hoe jy hierdie teeldoelwit wil bereik,” voeg Nico by.
Syferfontein teelbeleid
Vir Nico is daar twee goed wat uitstaan en waarvolgens hy sy teelbeleid vestig, vrugbaarheid en vroegrypheid. Met die invloed van ‘n goeie mentor is tipe reeds van vroeg af vir Nico ingedril. “As jy in die strawwe koue wêreld van ons, ekonomies volhoubaar en suksesvol met vleisbeeste wil boer, moet hulle nie te groot wees nie. Ek het egter ook geluister na die behoefte van die kommersiële beesboer wat swaar speenkalwers wil produseer en daarom het ons na die goue middeweg gaan soek,” vertel Nico.
Nico voeg by: “Die antwoord vir my was korter maar dikker (breër, met kapasiteit) koeie. Ons het ons beeste vroeër ryp gaan selekteer sonder om te veel op te offer op speenkalf-groei en melkproduksie. Ons is baie streng op vrugbaarheid van bulle en vroulike diere. Ons kudde spog met ‘n tussenkalfperiode van 382 dae. Ek hou van mooi, diep vroulike koeie met goeie balans (wig van voor na agter). Bulle moet ook lekker breed en manlik wees met goeie kapasiteit en voldoende bespiering.”
“Ons hooffokus in ons bedryf is die produksie van kwaliteit, geharde bulle vir die kommersiële teler. Ons is ook in die bevoorregte posisie om heelwat bulle aan stoettelers te verkoop. In die bedryf moet ‘n bul nie net kosmeties mooi wees nie maar ook goeie eienskappe t.o.v. struktuur, bouvorm, testes, skede, kloue, kop en nog soveel ander eienskappe hê. ‘n Mens moet daarteen waak om oorerflike gebreke in jou kudde in te bring net omdat ‘n bul “mooi” is,” verduidelik Nico.
‘n Geleentheid om top genetika te bekom uit die Syferfontein kraal

Vir meer inligting kontak vir Nico Pieterse by 082 853 1525 of stuur ‘n e-pos na syfbonsmara@mweb.co.za
Lees meer op Agri4all.com hier:
Kyk die video hieronder:
https://www.youtube.com/watch?v=ekDvpkrY9e4
Hier is die volledige katalogus: