Categories: Julie, Landboukalender, Vee en rassePublished On: 17th June 2022

Syferfontein Bonsmara’s 23ste Produksieveiling, 14 Julie 2022

By 1 min read
123 words

11563-A4-SAVE-THE-DATE

“In ons strewe na perfeksie”

Syferfontein Bonsmara’s bied vanjaar hulle 23ste Produksieveiling aan op die plaas Goodlands, in die Vrede distrik.

Syferfontein Bonsmara’s bied jaarliks funksionele diere in verskillende produksie stadia aan. Hier is ‘n geleentheid die 14 Julie 2022 om vroegryp, kwaliteit manlike- en vroulike diere van top genetika te bekom. In twee-en-twintig jaar is dit waarskynlik een van Syferfontein se sterkte groep bulle indien nie die sterkste nie. Die kuddevaars aangebied op die veiling deel van die fondasie waarop Syferfontein Bonsmara’s se genetika gebou is.

Op aanbod:

  • 70 Bulle
  • 70 Vroulike diere

Geregistreerde diere word gratis landswyd afgelewer.

Kontak vir Nico Pieterse 082 853 1525 of Abraham Manser 082 441 0465 vir navrae of vir vooraf besigtiging van die diere.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0