Stroperverkope daal met 63%

Proagri_293_04
Trekkerverkope van 563 eenhede in Julie is ongeveer 15% minder as die 660 eenhede wat verlede Julie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is trekkerverkope nou byna 26% minder as verlede jaar. Agt stropers is in Julie verkoop, 24 minder as die 32 eenhede wat verlede Julie verkoop is. Vir die jaar tot dusver is stroperverkope nou byna 63% minder as verkope verlede jaar.
Noudat die meeste boere klaar hulle somergewasse geoes het is die aanduidings dat oesopbrengste en gehalte gely het, veral in die westelike dele waar reën nie laat in die seisoen geval het nie. Ongeag daarvan is die mark positief en boere berei voor vir die komende somergewasseisoen. Die mark is besig om te normaliseer teen heelwat laer vlakke as wat oor die afgelope paar jaar ervaar is. Volgens ramings in die bedryf sal trekkerverkope in die 2024-kalenderjaar tussen 20 en 25% minder wees as verlede jaar.
Bron: Suid-Afrikaanse Landboumasjinerieassosiasie