Categories: Artikels, Augustus, Landboukalender, VeilingsPublished On: 18th June 2023

Bonsmara Genetics veiling: Sebadja en Boschoek Bonsmara’s – 11 Augustus 2023

By 2 min read
323 words

Sebadja-Boschhoek-Bonsmara-veiling

“ONS BOU VERTROUE”

Die ontstaan van Sebadja Bonsmaras

Gebore uit liefde en passie vir die Bonsmara beesras word Sebadja Bonsmaras in 2007 in die Groblersdal distrik gestig. Hierna volg stelselmatige aankope van die beste genetiese potensiaal uit gevestigde kuddes wat breedweg Sebadja se teeldoelwitte van mediumraam en vroegryp veld aangepaste diere ondersteun. Sy jare lange vriendskap met sy getroue vriende, wat insgelyks ‘n passie het vir Bonsmara beeste, loop dan ook mettertyd uit op gesamentlike belegging en uitbreiding van die Sebadja kudde en voortgesette gefokusde investering in top teelmateriaal uit onder andere die AG, Syferfontein, Zinabos, Poggenpoel en Up George kuddes.

In 2018 word die plaas Smallepad aangekoop wat dien as basis van die onderneming en wat in die toekoms as veilingspunt sal dien. Deeglike beplanning en bestudering van genetika lyne word gedoen ten einde genetika te bekom wat die kudde teeldoelwitte ondersteun.

Die ontstaan van Boschoek Bonsmaras

Die stoetery het sy ontstaan in 2003 gehad met die aankoop van 80 dragtige geselekteerde Bonsmara koeie. Sedertdien is bulle en vroulike diere van bekende stoettelers soos onder andere Arthur de Villiers, Wesson van Rensburg, Nico Pieterse, Chris Welman, Benjamin Bosch en die Ralfe familie ingekoop om ’n bepaalde tipe aanpasbaar tot alle toestande in Suid Afrika te teel.

Die stoet is in 2009 geregistreer na ’n streng seleksie deur Arthur de Villiers en Wesson van Rensburg. Alle diere met ’n visuele punt laer as sewe op ’n nege-punt-skaal is weggelaat. Die aanvanklike doelwit was om matig bespierde, vlesige, mediumraam en vrugbare vroulike diere te teel, terwyl alle bulletjies aan voerkrale verkoop is.

Bonsmara Genetics Boeredag:

Die Bonsmara Genetics-groep nooi almal hartlik uit na hulle Boeredag wat Vrydag, 30 Junie op die plaas Smallepad plaasvind.

Bonsmara Genetics veiling:

Datum: Vrydag 11 Augustus 2023

Tyd: 11:00

Waar: Plaas Smallepad, Roedtan (Regstreekse en aanlynveiling)

Gebied: Roedtan / Marble Hall / Groblersdal

GPS:

24° 43′ 30.7″ S

29° 07′ 49.8″ E

Vir meer inligting besoek https://bonsmaragenetics.co.za/

Kontakbesonderhede:

Jannie Senekal | 082-899-5047

Christoff Smit | 082-854-8316

Andre vd Heyde | 082-334-0491

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0