Royal wildebeesbul verkoop vir R250 000 tydens Ubique Game Ranch wildveiling

B18 – Royal wildebeesbul verkoop vir R 250 000.00
Royal wildebeesbul verkoop vir R 250 000.00
Die prentjie-mooi vier-ster Ubique Game Ranch het op 13 Julie 2024 hulle wildveiling gehou en soos altyd nie afgesteek met die gehalte van die wild wat tydens die veiling aangebied was nie. Die veiling het plaasgevind te Castle de Wildt buite Nylstroom.
Hier is die veiling se gemiddelde en hoogste pryse behaal:
Boma diere:
- Bastergemsbok bul: R48 750,00 met die hoogste prys van R70 000,00
- Bastergemsbok koei: R20 000,00 met die hoogste prys van R20 000,00
- Blesbok familiegroep: R4 000,00 met die hoogste prys van R4 000,00
- Blesbok ram: R5 000,00 met die hoogste prys van R5 000,00
- Blesbok wit familiegroep: R5 250,00 met die hoogste prys van R5 250,00
- Blesbok wit ram: R8 000,00 met die hoogste prys van R8 000,00
- Eland bul: R41 250,00 met die hoogste prys van R65 000,00
- Eland livingstone bul: R55 000,00 met die hoogste prys van R70 000,00
- Eland livingstone koei: R25 000,00 met die hoogste prys van R25 000,00
- Gemsbok goud bul: R35 625,00 met die hoogste prys van R40 000,00
- Gemsbok goud koei: R35 500,00 met die hoogste prys van R37 500,00
- Swartwitpens bul: R48 167,00 met die hoogste prys van R95 000,00
- Swartwitpens koei: R16 053,00 met die hoogste prys van R18 000,00
- Wildebees goud bul: R24 857,00 met die hoogste prys van R26 000,00
- Wildebees goud familiegroep: R6 500,00 met die hoogste prys van R6 500,00
- Wildebees goud koei: R6 500,00 met die hoogste prys van R6 500,00
- Wildebees konings bul: R72 500,00 met die hoogste prys van R85 000,00
- Wildebees konings koei: R44 500,00 met die hoogste prys van R62 500,00
- Wildebees royal bul: R153 333,00 met die hoogste prys van R250 000,00
- Wildebees royal koei: R90 000,00 met die hoogste prys van R100 000,00
- Wildebees royal split koei: R33 125,00 met die hoogste prys van R35 000,00
Katalogus diere:
- Bastergemsbok bul: R65 000,00 met die hoogste prys van R65 000,00
- Bastergemsbok koei met kalf: R25 000,00 met die hoogste prys van R25 000,00
- Buffel bul: R120 000,00 met die hoogste prys van R185 000,00
- Springbok familiegroep: R7 000,00 met die hoogste prys van R7 000,00
- Springbok ram: R7 000,00 met die hoogste prys van R7 000,00
- Springbok swart ooi: R5 000,00 met die hoogste prys van R5 000,00
Die totale omset vir die dag behaal is R5 259 000,00.

Buffelbul verkoop vir R 185 000.00
Baie geluk aan die Ubique-groep met goeie pryse tydens die veiling behaal. Baie geluk ook aan al die kopers en telers.
Besoek gerus Ubique Game Ranch se webwerf vir meer inligting oor wat hulle bied: https://ubiquegameranch.com/.