Rovic is ’n ware eenstop-handelaar

IMG_3944
Hein Jonas, Rovic se nasionale verkoopsbestuurder: kommoditeite en onderdele, het Rovic se reeks kommoditeite en onderdele tydens vanjaar se Graan SA NAMPO by Bothaville in die Vrystaat bekend gestel.
Rovic bied ’n wye reeks kommoditeite en onderdele vir boere wat nie tyd het om te sukkel om die regte produk in die hande te kry nie. Hein Jonas, Rovic se nasionale verkoopsbestuurder van kommoditeite en onderdele, het Rovic se reeks kommoditeite tydens vanjaar se Graan SA NAMPO by Bothaville in die Vrystaat bekend gestel.
Hein is veral baie opgewonde oor CORDEX-agri se nuwe reeks baalbenodigdhede, ’n premiumproduk wat teen ’n baie bekostigbare prys beskikbaar is.
CORDEX is die verskaffer van twee tipes net wat albei in 3 600 m lengte beskikbaar is. Maxxnet, met ’n breekkrag van 300 kg, word vir strooi, hooi en mieliereste aanbeveel.
Netex, met ’n 275 kg-breekkrag, word vir die baal van kuilvoer aanbeveel. “Netex maak die baal mooi om die kante toe,” verduidelik Hein. Volgens hom word die nuwe CORDEX-produkte getoets en die resultate was baie bevredigend.
Rovic het ook ’n 10 kg-dubbelpak balertou van 400 m per kilogram wat geskik is vir klein vierkantige bale. Rovic verskaf ook die bekende blou tou van 1000 m per kilogram, asook die oranje tou van 400 m per kilogram, beide die blou en oranje tou kom in 10 kg dubbel pakke. Hierdie twee produkte is uiters geskik vir die klein blokkie bale soos wat Rovic se Cicoria baler maak

Hein Jonas het veral klem gelê op Cordex se nuwe baalbenodighede wat nie net verskillende sterktes baalnette en baaltou insluit nie, maar ook toedraaimateriaal. Cordex bied die totale baalpakket, sê hy.
Hein is baie opgewonde oor Rovic se Bigpack-balertou vir groot vierkantige bale. Die Xtreme-hoëdigtheid tou is beskikbaar in 115 m per kilogram in ’n enkel rol van 12,6 kg. “Die langer tou help dat die tou nie so dikwels vervang hoef te word nie,” verduidelik hy.
Maxcord is ’n 108m per kilogram tou met ‘n ekstreme hoë breekkrag wat ook in ‘n 12,6kg enkel pak beskikbaar is.
Toedraaimateriaal vir kuilvoer is beskikbaar in 1600 m rolle van 750, sewelaag, 23 mikron materiaal. “Cordex bied vir ons die totale pakket, waaroor ons baie opgewonde is,” sê Hein.
Rovic het ook ’n wye reeks kommoditeite beskikbaar wat opnuut tydens NAMPO onder boere se aandag gebring is.
Rovic se spuite is veral gewild en sluit rugsakspuite, elektriese spuite, gemotoriseerde rugsakspuite met ’n inhoudsmaat van 16 liter, asook kleiner handspuite in.
- Rovic is die verskaffers van ’n wye reeks spuitkomponente wat handelsname soos Mondial en Arag insluit.
- Rovic het ook ’n reeks rugsak- en ander spuite om te voldoen aan boere se uiteenlopende spuitbehoeftes.
Daar is ook ’n wye reeks spuitkomponente beskikbaar, wat onder meer die Mondial-handspuit, ’n spuitpunthouer met ’n roller-pompie, koppelings en reguleerders, asook Arag se gewone- en mandjiefilters en mengers insluit.
Rovic is die agent vir Imovilli en Comet se lae-, hoëdruk- en suierpompe.
Rovic is ook verskaffers van ’n wye reeks brandbestrydingstoerusting, wat gewone rugsakspuite, drupfakkels en selfs korreltoedieners insluit.
Daar is ook ’n gewone waterpomp met ’n 5,5 pk enjin, en kunsmispompe met ’n ietwat groter 6,5 pk enjin.

Rovic is ook die verskaffer van pompe, soos hierdie gewone waterpomp met ’n 5,5 pk enjin, en kunsmispompe met ’n ietwat groter 6,5 pk enjin.
Rovic is ook die verskaffer van Bellota snoeiskere, en daar is selfs ’n nuttige klein kompressor waarmee ’n trekkerband opgepomp kan word.
“Ons het regtig ’n groot reeks onderdele,” verduidelik hy.
Buiten al die ander nuttige goed, is daar ook ’n volledige reeks onderdele soos trekpenne en koppelings vir die sleep van waens en toerusting. Daar is selfs verskillende ratkaste beskikbaar.
Hein nooi boere wat belangstel om met Rovic se handelaars landwyd kontak te maak by www.rovic.com.

