Categories: Magazine, Magazine (RSA), Tydskrif, Tydskrif (RSA)Published On: 5th August 2024

ProAgri SA 294

By 2 min read
387 words

SA294_Cover

‘n Ode aan al die formidabele vroue in die landboubedryf

In die landboubedryf en my rol as redaktrise kom daar baie inspirerende mense oor jou pad. Jy ontmoet mense van regoor die wêreld, mense van verskillende etniese groepe en agtergronde. Sommige van hulle sien jy weer gereeld op landbouskoue en boeredae, en sommige van hulle maak so ‘n impak op jou lewe, dat jy besef as jy ook sit en snik saam met hulle tydens die onderhoud, het hulle iets nagelaat wat altyd by jou sal bly.

Hierdie vrouemaand het ons besluit om met vroue in die landboubedryf te gesels oor hulle ervaring as ‘n vrou in landbou. Ons gaan aanklop by ‘n paar inspirerende vroue in die landboubedryf om hulle stories te hoor.

Wanneer daar aan my dieselfde vrae gevra word, moet ek mooi gaan sit en dink … Ek glo vroue, net soos mans, het ‘n unieke impak op die samelewing. Ek glo dit gaan oor die hart, vermoë, gewilligheid en menswees net soveel as die geslag. Ek glo ons as vroue speel ‘n kritieke rol in die ondersteuning van ons geliefdes en om baie keer as die “gom” in die samelewing te dien.

Om vrou te wees beteken dat ek enigiets kan doen wat iemand anders kan doen, met ‘n tikkie sagtheid (en dalk ‘n paar probeerslae totdat ek dit bemeester het!). Ek glo ook vroue se intuïsie is baie sterk en om dinge daarvolgens in perspektief te plaas.

Om op ‘n plaas en in die landboubedryf betrokke te wees, is daar een ding wat ek oor die jare geleer het en dit is spanwerk – wat man en vrou saam in boerdery kan verrig en dat elkeen ‘n waardevolle impak op enige situasie of bedryf kan maak.

Met ‘n diepgewortelde liefde en passie vir die landboubedryf glo ek dat as jy passievol is oor wat jy doen, hard werk en jou uitdagings net tromp-op aanpak, dan behoort jy suksesvol te wees. So, koop daardie bul of ram waaroor jy droom, trek jou vellies aan, maak jou hande vuil, jaag jou drome na en moenie bang wees vir harde werk nie!

Ons hoop julle geniet hierdie propvol vrouemaand-uitgawe van ProAgri. Ons eer al die vroue vir daardie rol wat julle speel.

ProAgri-groete,

Bianca Henning –bianca@proagri.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0