Suid-Afrika is die wêreld se skilpadhoofstad!

WhatsApp Image 2026-07-27 at 15.03.05
Wanneer jy aan Suid-Afrika se unieke wildlewe dink, dink jy waarskynlik aan die Groot Vyf. Maar het jy geweet ons land spog ook met die meeste skilpadspesies ter wêreld? Suid-Afrika is die tuiste van 13 verskil lende skilpadspesies, meer as enige an der land. Een van die bekendstes is die luiperdskilpad (Stigmochelys pardalis), wat vernoem is na die pragtige kolle op sy dop.
Stadig, maar perfek aangepas
Skilpaaie bestaan al miljoene jare lank vanweë hul vermoë om te kan oorleef in moeilike toestande. Hulle mag dalk stadig beweeg, maar hul liggame is uiters doeltreffend aangepas om straw we uitdagings in die natuur te oorkom. Hulle het nie tande nie en gebruik hul harde, skerp bek om plante af te byt. Skilpaaie se bekke bestaan uit kera tien, dieselfde proteïen waaruit mens like naels, hare en renosterhoring bestaan. Wanneer dit baie warm raak, kruip skilpaaie dikwels in verlate erdvark- of jakkalsgate weg om af te koel. Hulle is op hul aktiefste wanneer temperature tussen 25°C en 39°C. Interessant genoeg sorg skilpaaie glad nie vir hul kleintjies nie. Sodra die eiers uitbroei, is die baba-skilpadjies heeltemal op hulself aangewese. Nog ’n besondere feit is dat die temperatuur en humiditeit waarin die eiers ontwikkel, die geslag van die skilpadjies bepaal.
Temperatuur is die bepalende faktor wat betref geslag. Hierdie fenomeen staan bekend as temperatuur-afhanklike ge slagsbepaling. Laer temperature (ongeveer 26 °C tot 29 °C) lewer gewoonlik mannetjies op; hoër temperature (tussen 31 °C en 34 °C) lewer gewoonlik wyfies op; en ’n gelyke getal mannetjies en wyfies word gebore in gematigde temperature (29 °C tot 31 °C).
Skilpaaie se dop is nie net ’n skild nie
Baie mense dink ’n skilpad se dop is soos ’n harde huisie, maar dit vorm eintlik deel van sy skelet. Nes sy bek, bestaan die buitenste laag van die dop uit keratien.
Stadig grootwordjare
’n Luiperdskilpad groei stadig en kan eers ná 15 jaar geslagsryp wees. Daarom is dit belangrik dat vol wasse skilpaaie beskerm moet word, aangesien dit baie lank neem voordat nuwe generasies kan voortplant. Skilpaaie word in die natuur bedreig deur roofvoëls soos kraaie en brom voëls, sowel as ander roofdiere. Daar benewens veroorsaak habitatverlies, veldbrande, elektriese heinings en paaie jaarliks die dood van talle skilpaaie.
Onthou: Moenie sommer ’n skilpad optel nie!
Wanneer motoriste ’n skilpad op die pad sien, wil hulle hom dikwels help. Ongelukkig kan hierdie goeie bedoe ling baie skade aanrig. Skilpaaie het die vermoë om waterreserwes in hul liggame op te bou wat hulle help om te oorleef wanneer water skaars is. Hulle stoor ook water in hul blase. Wyfies gebruik hul waterreserwes om Temperatuur is die bepalende faktor wat betref geslag. Hierdie fenomeen staan bekend as temperatuur-afhanklike ge slagsbepaling. Laer temperature (ongeveer 26 °C tot 29 °C) lewer gewoonlik mannetjies op; hoër temperature (tussen 31 °C en 34 °C) lewer gewoonlik wyfies op; en ’n gelyke getal mannetjies en wyfies word gebore in gematigde temperature (29 °C tot 31 °C). die grond klam te maak wanneer hulle neste grawe.
Wanneer ’n skilpad skrik of opgetel word, kan hy hierdie water uitskei as ’n natuurlike verdedigingsmeganisme. Indien daar nie gou weer water beskikbaar is nie, verhoog die risiko vir uitdroging en kan die skilpad doodgaan. As jy wel moet help omdat die skilpad in lewensgevaar is, skuif hom bloot in die rigting waarin hy reeds besig was om te beweeg. Moet hom nooit omdraai of na die ander kant van by voorbeeld die pad neem omdat jy dink dit is veiliger nie, hy het waarskynlik ’n bestemming in gedagte gehad.
Het jy geweet?
• Suid-Afrika het die meeste skilpad spesies in die wêreld.
• Skilpaaie kan nie swem nie en verdrink maklik in diep water.
• Hulle het geen tande nie, net ’n sterk bek.
Die grootste skilpaaie ter wêreld kom op die Galápagos- en Aldabra- eilande voor. Stadig of nie, skilpaaie is een van die natuur se oudste en merkwaardigste diere as gevolg van hul vermoë om in uitermatige omstandighede te kan oorleef. In ’n wêreld waar alles al hoe vinniger beweeg, herinner skilpaaie ons daaraan dat oorlewing nie altyd oor spoed gaan nie, maar oor aanpassing, geduld en volharding. Hierdie stil inwoners van ons veld verdien ons bewondering én ons beskerming, sodat hulle nog vir baie geslagte heen rustig hul eie pad kan stap.

Bronne:
Wild Rescue. Tortoises in South Africa. https://wildrescue.co.za/tortoises-in-south africa/ Tortoise Zone. 10 African tortoise species: Identification, care & facts. https://tortoisezone.com/fascinating-african tortoises/ Needles Lodge. The leopard tortoise: A spot ted survivor of the African bush. https://www.needleslodge.com/blog/post/ the-leopard-tortoise-a-spotted-survivor-of the-afr/ Reptiles Magazine. South Africa tortoises. https://reptilesmagazine.com/south-africa tortoises/ Conservation Mag. (11 August 2020). Con serving South Africa’s vulnerable tortoises. https://conservationmag.org/en/wildlife/ conserving-south-africa-s-tortoises/

