Categories: Tydskrif, Tydskrif (RSA)Published On: 16th September 2026

ProAgri SA 319

By 2 min read
343 words

Proagri_SA319_Sept_2026

Beste ProAgri lesers,

Toe ek drie jaar gelede my voete in die landboubedryf gesit het, het ek eerlikwaar nie besef wat dit alles behels nie. Vandag staan ek steeds verstom oor die geweldige impak wat landbou nie net in Suid-Afrika het nie, maar ook wêreldwyd.

Die afgelope week het die ProAgri-span weer die bekende NAMPO Kaap-gronde platgeloop. Elke keer ná so ‘n week, vra mense opgewonde: “En hoe was dit?” Die groot uitdaging is dat ‘n mens dit nie werklik in woorde kan beskryf nie.

Die een ding wat my elke keer die diepste tref, is die pure passie. Die mense wat hierdie bedryf dra, het ‘n ongeëwenaarde liefde vir hul werk.

Ons hoor daagliks van die ontelbare uitdagings in landbou. Wat ons egter soms vergeet, is hoekom ons dit doen, hoe besonder bevoorreg ons is om deel te wees van hierdie bedryf, en die onstuitbare dryfkrag wat hierdie bedryf vorentoe stoot. Gedurende my tyd by ProAgri het ek van die mees besonderse mense ontmoet en plekke in Suid-Afrika gesien wat die gemiddelde mens nooit sal beleef nie. Ek het by mense geleer wat my die ware betekenis van uithou en aanhou gewys het, en boere ontmoet wat my die onskatbare waarde van ‘n enkele druppel water geleer het.

Landbou is anders dit is die passie wat die wiele aan die rol hou. So, wanneer die moed jou waarlik begewe, wil ek jou vra om dit te onthou: miljoene mense het vandag kos om te eet danksy jou bydrae. ‘n Kind kan vandag ‘n broodjie skool toe neem omdat jy elke dag jou deel doen.

Hier by ProAgri is dit vir ons ‘n voorreg om die stories van die mense in ons bedryf te vertel – want boere luister immers na boere. As jy hierdie lees, wil ek jou uitnooi om jou storie met ons te deel. Stuur vir my ‘n e-pos sodat ons saam jou buurman weer moed kan inpraat met die mooi en hoopvolle sy van ons landbou.

ProAgri-groete!

Natasha Pretorius – natasha@proagri.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0