Categories: Tydskrif, Tydskrif (RSA)Published On: 14th August 2026

ProAgri SA 318

By 2 min read
314 words

Proagri_318_Aug_2026

Die stories wat ons saamdra…

Ek glo ’n mens se liefde vir die landboubedryf en vir boerdery begin lank voordat jy werklik verstaan wat boerdery beteken. Vir my het dit op ons familieplaas in die hartjie van die Noordoos-Kaap begin. Oor die afgelope paar jaar het ek die voorreg gehad om die mense agter die boerderye te leer ken. Ek het gesien hoe gesinne oor geslagte heen saambou, hoe uitdagings met geloof en vasberadenheid aangepak word en hoe elke nuwe seisoen weer met hoop begin.

Ek het mense ontmoet wat vroeg opstaan, moeilike besluite neem, mekaar ondersteun en bly voortbou aan hul drome. Mense wat hul kennis, hul tyd en hul stories met my gedeel het, stories wat ek met trots in die bladsye van ProAgri kon vertel. Terwyl ek hierdie laaste redakteursbrief skryf, besef ek opnuut hoe bevoorreg ek was om deel van jul wêreld te wees.

My tyd by ProAgri het nou tot ’n einde gekom en dit het my meer geleer as wat ek ooit kon droom. Ek het die voorreg gehad om uitsonderlike mense te ontmoet, merkwaardige plase regoor Suid-Afrika en Afrika te besoek en eerstehands te beleef wat hierdie bedryf so besonders maak. Dit was ’n voorreg om deel van hierdie gemeenskap en van elkeen se storie te kon wees. Aan elke boer, kliënt, kollega en leser wat my oor die jare welkom laat voel het, dankie. Dankie vir jul vertroue, jul gasvryheid en die voorreg om jul stories te kon vertel.

Wanneer ek terugkyk, is dit nie noodwendig die grootste trekker, oes of die duurste bul wat my die langste bybly nie. Dit is die mense en die stories wat ek saamdra. Dankie dat ek deel van jul storie kon wees! Totdat ons mekaar weer eendag raakloop by ’n veiling of ’n boeredag.

ProAgri groete!

Bianca Pretorius – bianca@proagri.co.za

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0