Categories: Julie, Landboukalender, Vee en rassePublished On: 27th June 2023

Nello Dohne-Merino’s 22ste produksieveiling: ‘n Uitstekende belegging en dubbele doel vir beide kwaliteit fyn wol en skaapvleis

By 2 min read
321 words

Nello-Dohne-

Nello Dohne-Merino’s is as stoet geregistreer in 1990. Sedert Nello se ontstaan is hulle gefokus daartoe om aanpasbare, stewige en vrugbare skape te teel wat in ‘n verskeidenheid omgewings kan aard en floreer. Hierdie faktore behoort enige skaapboer se besluit om met Nello se Dohne-Merino’s te teel, te beïnvloed.

“Ons teel moderne Dohne-Merino’s, met ‘n uitstekende dubbele doel vir beide kwaliteit fyn wol en skaapvleis.”

Nello se Dohne-Merino’s is ook welbekend vir hulle hoë vrugbaarheidsyfer, wat beslis enige stoet se produktiwiteit en winsgewendheid kan bevorder. Oor die algemeen kan die aankoop van Nello se Dohne-Merino’s ‘n wyse belegging wees vir boere wat opsoek is na goeie gehalte Dohne-Merino’s wat nie net vir jou winsgewend oor die langtermyn sal wees nie, maar wat ook jou skaapboerdery in geheel sal bevorder. Laastens, maar nie die minste nie, word Dohne-Merino’s gewaardeer vir hulle vleis en wol, wat in baie markte teen ‘n premie gekoop kan word.

Nello se Dohne-Merino stoet word op die plaas Ofra gedryf deur Luan Nel, saam met sy Pa Louis en oom, Carel Nel. Vanjaar sal die eerste produksieveiling wees met Luan aan die stuur van sake.

“Dit is vir ons ‘n voorreg om as Nello Dohne-Merino’s die ideale balans tussen goeie bou en MF4-gehalte woldiere op ’n veiling aan te bied. Ons nooi ook almal hartlik uit na ons 22ste produksieveiling, die 27ste Julie 2023 om 11:00 op die plaas Ofra, Brandfort,”

sluit Luan af.

Op aanbod:

  • +/- 70 Stoetramme
  • +/- 130 Vroulike diere
Lot 5, (LW 19 1299) ‘n top ram en beproefde kuddevaar wat reeds opslae binne die Nello Dohne-Merino stoet gemaak het. Moenie hierdie meneer miskyk nie!

Navrae:

Louis Nel (Nello Dohne) by +27 82 824 1163

Carel Nel (Nello Dohne) by +27 828 1984

Luan Nel (Nello Dohne) by +27 79 851 1649

Henton Minnaar (BKB Wol) +27 82 772 2059

Louwtjie Bezuidenhout (BKB) by +27 82 827 7443

Danie Strauss (Afslaer) by +27 72 585 4028

As jy jou veiling wil bemark kontak:

Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com

Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0