Le Roc Brangus se 16de produksieveiling … het ge-rock!

WhatsApp Image 2024-10-22 at 08.27.44
Op 16 Oktober 2024 het die Le Roc-groep die ring oopgemaak vir hulle pragtige Brangus-bulle en vroulike diere om trots te pronk! Le Roc se 16de produksieveiling is afgeskop te plaas Eastry, Tweespruit.

Met die vrugbaarheid, aanpasbaarheid en uitstekende genetika van hierdie diere is dit maklik om te verstaan waarom die aanvraag so hoog is by dié veilings.
Veilingsresultate:
- 37 Brangus-bulle (rooi) verkoop teen ’n gemiddeld van R57 513.00 en die hoogste prys van R150 000.00
- 3 Brangus-bulle (swart) verkoop teen ’n gemiddeld van R59 333.00 en die hoogste prys van R65 000.00
- 2 Droughtmaster-bulle verkoop teen ’n gemiddeld van R64 000.00 en die hoogste prys van R80 000.00
- 4 Brahman-bulle verkoop teen ’n gemiddeld van R42 750.00 en die hoogste prys van R45 000.00
- 5 Brahman vroulike diere verkoop teen ’n gemiddeld van R21 400.00 en die hoogste prys van R23 000.00
- 16 Dragtige koeie SP verkoop teen ’n gemiddeld van R25 833.00 en die hoogste prys van R38 000.00
- 37 Dragtige verse SP verkoop teen ’n gemiddeld van R26 864.00 en die hoogste prys van R39 000.00
- 4 Koeie 3-in-1 SP verkoop teen ’n gemiddeld van R28 750.00 en die hoogste prys van R46 000.00
- 12 Koeie met kalf SP verkoop teen ’n gemiddeld van R23 500.00 en die hoogste prys van R27 000.00
- 9 Dragtige koeie (kommersieel) verkoop teen ’n gemiddeld van R19 000.00 en die hoogste prys van R21 000.00
- 9 Dragtige verse (kommersieel) verkoop teen’n gemiddeld van R20 777.00 en die hoogste prys van R22 000.00
- 4 Koeie 3-in-1 (kommersieel) verkoop teen ’n gemiddeld van R22 500,00 en die hoogste prys van R24 000.00
- 10 Koeie met kalf (kommersieel) verkoop teen ’n gemiddeld van R19 900.00 en die hoogste prys van R21 000.00
Namens Le Roc Brangus word elke nuwe koper en getroue kliënt hartlik bedank vir hulle ondersteuning.


