Categories: Augustus, Landboukalender, Vee en rassePublished On: 14th July 2023

Keeversfontein Brangusse mooi getooi vir hulle komende veilings

By 2 min read
467 words

Picture1

Martin Campher se pa het die rooi Brangus-stoetery in 1978 begin wat uiter aard vandag alombekend is as Keeversfontein Boerdery. In 1994 het Martin voltyds teruggekeer plaas toe, om saam met sy pa te boer tot sy afsterwe ses jaar gelede.

Sedertdien laat Martin en sy gesin die kudde se nalatenskap op die plaas voortleef.

Martin gebruik ook sy grond om groenvoer te produseer wat hulle gebruik om hulle kallers te voer en vir voerkraal voer. Boonop onderhou hulle, hulle eie Boerperd stoetery ook. Die perde en die beeste loop hand aan hand. Die plaas arbeid neem die perde daagliks uit om met die aanjaag van die beeste te help en rondom die ouderdom van agt jaar, word die perde afgerond om te verkoop of mee te skou.

Die voerkraal op die plaas word gebruik om die trop osse wat Martin se familie geteel het, te onderhou. Bulle word geweeg om te bepaal watter waarde hulle tot die stoet kan toevoeg, en verse word vir twee jaar op weiding grootgemaak voordat hulle by die bulle bygesit word. Verse wat op 3 jarige ouderdom, eerste kalf koeie word, word dan gekeur vir een van 2 belangrike rolle; Keeversfontein kuddekoeie of produksieveiling verkope. Kunsmatige inseminasie is nog ‘n suksesvolle metode wat die stoetery gebruik om die kudde se genetiese poel aan te vul, te onderhou en vorentoe te vat.

“Die Brangus-ras floreer in die harde rooiwater, galsiekte en hartwater toestande wat in die Ladysmith-streek voorkom. As gevolg van hulle blootstelling het hierdie diere ‘n hoë vlak van weerstand teen hierdie siektes ontwikkel,” verduidelik Martin.

“Omdat die area uit sowat 60% van die Brangus-ras bestaan, vaar hierdie sintetiese ras regtig goed in die Noord-Natalse omgewing, en hulle bewys hulself keer op keer op die veilings,” vertel Martin.

Bulle wat op aanbod gaan wees by die veilings

Die beskikbare bulle is vir minstens ‘n jaar deel van die kudde. Hulle kom ook vanaf die rooiwater- en galsiekte gebied, wat albei onder die Van Reenen-pas geleë is. Benewens vrugbaarheids- en tuberkulosetoetse, word trigomoniase- en BM-toetse (Besmetlike Misgeboorte) ook op al die vroulike diere uitgevoer. Die kudde is die afgelope dekade vry van die bogenoemde siektes.

“Daar word ekstensief met die beeste geboer en geselekteer sodat ons beeste terug in die kudde kan selekteer wat op die veld kan produseer,” sluit Martin af.

Keeversfontein is opgewonde oor hulle twee opkomende veilings

 Vrede veiling:

Dagboek 3 Augustus 2023 om 11:00 vir Keeversfontein se 24ste produksieveiling te plaas Alto in die Vrede-distrik, Vrystaat.

Op aanbod:

  • 30 bulle
  • 150 verse in kalf

Kliek hier om die veiling op Agri4all te sien

Navrae:

Jandré Moll (BKB) by 082 307 9169

Martin Campher (Eienaar) by 083 620 0050

Deon Stefmann (BKB) by 079 878 2109

Jan Mostert (Afslaer) by 083 306 8408

As jy jou veiling wil bemark kontak:

Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com

Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0