Categories: Crop production, SeedPublished On: 22nd March 2017

K2 Saad: Só moet kuilvoermielies lyk!

By 3 min read
627 words
k2 saad

k2 1

As jy 500 koeie wil melk van 120 hektaar af, moet jy slim te werk gaan met weiding en voerbeplanning. Coenraad de Jongh en sy vrou, Candice, boer in die Groot-Brakrivier-omgewing en hulle bestuur die proses baie fyn. “Gras gee melk,” sê Coenraad. Dit is waarom die Jerseys wat in melk is voorkeur kry om op die grasweidings van Blomfontein te loop, maar daar moet ook voorsiening gemaak word vir die droë koeie en verse… en natuurlik tye wanneer dit droog en die weiding skaarser is.

Coenraad sê kuilvoer beklee ’n belangrike plek op die plaas. Daarom sorg hy dat daar altyd graskuilvoerbale gereed is en ook ’n goeie voorraad mieliekuilvoer. Sy kultivarkeuse vir kuilvoermielies het op Klein Karoo Saad Bemarking (K2 Saad) se KKS 8410BR- stapelgeengeelmielie geval en hy is verseker nie spyt nie! As toevlugsoord is KKS 8408 R aangeplant.

KKS 8410 BR is in 2012 bekend gestel as ’n Roundup Ready®-kultivar wat ook bestand is teen stronkboorder en sedertdien het vele melkerye en voerkrale die vrugte gepluk van die uitsonderlik hoë kuilvoeropbrengste van die kultivar. Coenraad reken hy behoort omtrent 80 ton per hektaar onder die spilpunt te behaal. Op droëland is die verwagting omtrent 60 ton, met ’n plantestand van 60 000 per hektaar. Die kuilvoer is van ’n uitstekende gehalte as gevolg van die goeie plant-tot-graan-verhouding.

Een van die uitstaande eienskappe van die kultivar is sy staanvermoë wat hom ’n goeie keuse maak vir besproeiing. Dit is egter ook geskik vir droëland, want hoewel die kultivar baie hoog groei, is sy waterverbruik doeltreffend met ’n behoefte van sowat 80 mm per ton graan.

Dit is ook een van die verdraagsaamste kultivars teen blaarsiektes, wat die bestuur baie makliker maak. Die eerste week van Desember word die mielies geplant teen 60 000 pitte per hektaar, en kunsmis bestaande uit 38 N 44 P en 25 K word as kopbemesting toegedien. Op droëland word dit twee keer toegedien teen 250 kg per hektaar en onder die spilpunt drie keer teen 200 kg per hektaar.

Geenbewerking word op die plaas toegepas en indien daar kalk- of fosfaattekorte is, word dit voor planttyd reggestel. Die mielies word afgewissel met ’n mengsel van eenjarige raaigras en hawer.

Coenraad gebruik ’n kontrakteur om die mielies te vestig en te kuil, want dit sal nie lonend wees om self die toerusting aan te koop nie. Daarby is kuilvoermaak ’n kuns en hy laat dit graag in die hande van mense wat daaruit ’n bestaan maak, sodat hy en Candice meer aandag aan hulle koeie en melkery kan gee.

Dit kos ongeveer R13 000 per hektaar om te plant en in te kuil, maarmet die besonder hoë opbrengste wat gelewer word, is dit deur en deur ’n lonende belegging.

KKS 8410 BR en KKS 8408 R is albei mediumgroeiers. Dit is in Desember aangeplant en die mielies behoort teen die einde van Maart gereed te wees vir inkuiling. Daarna droog dit baie vinnig.

Coenraad koop ook weidinggewassaad by Klein Karoo Saad Bemarking aan en hy is baie tevrede met die diens en ondersteuning wat hy kry. Rehan Vosloo en Nico Jonk is die plaaslike verteenwoordigers van K2 Saad en Coenraad sê Rehan en Nico sal agteroor buig om te help waar hulle kan.

Roundup Ready Corn 2® is ’n geregistreerde handelsmerk van Monstano SA (Edms) Bpk.

Vind uit wie jou naaste verteenwoordiger is. Kontak Sunet Human by 044-203-9800 of sunet@seedmarketing.co.za. Besoek ook www.seedmarketing.co.za om na K2 Saad se produkreeks te kyk.

Die hoop kuilvoer lê gereed vir die winter,
spesiaal vir die jong verse en droë koeie.

k2 saad

Candice en Coenraad de Jongh gee baie liefde en goeie kos vir hulle koeie en dié sorg word beloon met lekker romerige Jerseymelk.

k2 saad

Coenraad de Jongh en Fanie Yssel, tegniese bestuurder, Agronomiese gewasse, van K2 Saad loer tussen die voedsame groen blare deur.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0