Gewasoplossings wat groei verseker – die Novon-verskil

61149915_695596800871747_8910961321244098560_n
Enige boer sal jou vertel dat gewasboerdery nie so maklik is as om die saad in die grond te druk en water te gee nie. Voordat jy kan begin plant, moet jy eers die grond bewerk en voorberei. Dit is juis hier waar Novon Retail Company RF (Pty) Ltd. inkom.
Novon is ’n gewas-insetverskaffer wat landbouchemiese produkte versprei, maar hulle is soveel meer as net dit.
Danie Marais, uitvoerende hoof van Novon, verduidelik dat hulle landboukenners is wat ’n pad saam met jou stap.
“Ons druk nie net ’n kan met chemiese produkte in jou hand en los jou nie, ons stap die pad saam met jou, van grondvoorbereiding tot plantgesondheid en uiteindelik om die oes te voltooi,” vertel hy.
Die maatskappy is sedert 2003 in besigheid en is ’n verskaffer van gewasoplossings wat ’n wye reeks produkte van groot handelsmerke soos UPL, UPL-NPP, Rovensa Next, ICA, Farm-Ag, Corteva, FMC en Introlab onder meer, verskaf. Hulle het 27 agente wat die hele Limpopo-streek, asook die Mpumalanga Laeveld, bedien. Hul fokus is op sitrus, makadamianeute, avokado’s, aartappels, rygewasse en subtropiese groente en grane.

Die Novon-verskil
Wat Novon laat uitstaan in die mark, is die waardetoevoeging wat hulle tot jou boerdery bring. Met ’n span kundiges wat jare se ondervinding in landbou het, raak hulle reeds betrokke by die beplanning van jou gewasse.
Van produkvoorsiening tot tegniese ondersteuning en probleemidentifikasie – Novon is daar om te help.
“Ons probeer die boer se gewas verstaan, ons gee raad oor sy programme, fokus op sy verwagtinge en help om dit dan te behaal.
“Met ander woorde, as die boer sê hy wil sy produkte uitvoer, dan weet ons dat ons sy gewasse anders moet benader as iemand wat net sy produk mark toe wil stuur of plaaslik verskaf,” verduidelik Danie.
As deel van hierdie dienste gee Novon selfs opleiding vir arbeiders oor die Global GAP-standaarde waaraan hulle moet voldoen. Novon agente is ook in die proses om hulle gereed te kry vir “PCO”-akkreditasie en vorder reeds goed daarmee.

Novon aan jou sy elke tree
Danie vertel dat die eerste stap jou grondgesondheid is. Hulle kyk saam met die boer na sy grond om grondregstellings te maak. Dit is nie bloot kunsmis nie, maar ’n indiepte grondontleding.
“Wanneer ’n boer se grondbalans reg is, dan begin die boer reg.”
Volgende is jou plant se raamwerk en gesondheid. Jou plantgesondheid sluit twee stappe in, naamlik beskerming en verbetering. Beskerming teen siektes, peste en plae – en verbetering deur biostimulante om blaarvoeding en plantgroei te verbeter.
Novon glo in volhoubaarheid
In 2003 was Novon reeds baanbrekers in biologiese oplossings vir plante. Hulle is ook die alleenverskaffer van UPL-produkte in hul streek (insluitend die NPP natuurlike produkte van UPL). Dus is hulle vlagdraers vir UPL se Carbon Smart-program, waar boere aangeraai word om oor te skakel na regeneratiewe boerderypraktyke om sodoende ’n inkomste verdien uit koolstofkrediete.
Novon is krities oor die produkte wat hulle versprei, en eers moet ’n produk aan hul produkkomitee voorgestel word; en daarna stel Novon vas of daar wel ’n behoefte in die mark vir so ’n produk is.
“Indien hulle iets nuut na die tafel bring, vra ons vir hulle data,” vertel Danie.
Novon doen ook eie demonstrasies in die veld om hul eie navorsing en data te versamel. Op dié manier kan hulle werklik sien wat die produk in die veld kan doen, en hulle het ’n platform om vir boere te wys hoe die produk werk.
“Ons deel ook idees met sommige verskaffers of vra hulle om nuwe, opgedateerde data te voorsien. Ons is dikwels in gesprek met ons handelaars. Omdat ons ’n verhoudingsgebaseerde besigheid is, wil ons goeie verhoudings handhaaf met kliënte en verskaffers,” meen Danie.
Die toekoms vir Novon
In die volgende vyf tot 10 jaar wil Danie graag sien hoe die besigheid ’n gerekende rolspeler in die landbou word, waar hulle ook vir hul betroubaarheid en kredietwaardigheid bekend staan. Hulle wil graag hul markaandeel vermeerder en die eerste oproep wees vir boere nog voordat die plantseisoen begin.
Novon se slagspreuk … “van grond tot bord” is meer as net ’n sêding – dit is iets wat hulle uitleef in hul produkte, hul kennis, hul verhoudings en hul ondersteuning vir elke boer. Ons doen dit op die Novon-manier!

Besoek Novon se webtuiste by www.novon.co.za om te hoor hoe Novon jou kan help om die beste uit jou boerdery te kry.
