Geskatte mielie-oes is 20,51% minder as in 2023

plants-768687_1920 (1)
Somergewasse – 2024
Kommersiële mielies: Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 13,060 milj. ton gestel, wat 2,05% of 273 400 ton minder is as die vorige skatting van 13,333 milj. ton. Die verwagte opbrengs van mielies is 4,95 t/ha. Die geskatte mielie-oes is 20,51% of 3,370 milj. ton minder as die 2023-oes. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes provinsies, gaan na verwagting 79% van die 2024-oes produseer.
Die produksieskatting van witmielies is 6,188 milj. ton, wat 2,51% of 159 600 ton minder is as die vorige skatting van 6,348 milj. ton. Die oppervlakteskatting vir witmielies is 1,555 milj. ha en die verwagte opbrengs is 3,98 t/ha.
In die geval van geelmielies is die produksieskatting 6,872 milj. ton, wat 1,63% of 113 800 ton minder is as die 6,986 milj. ton van die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir geelmielies is 1,082 milj. ha en die opbrengs is 6,35 t/ha.
Ander somergewasse:
Sonneblomsaad: Die produksieskatting vir sonneblomsaad is onveranderd gelaat op 649 250 ton. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 529 000 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,23 t/ha is.
Ander gewasse: Die produksieskatting van sojabone is ook onveranderd gelaat op 1,779 milj. ton. Die geskatte oppervlakte beplant van sojabone is 1,151 milj. ha, met ‘n verwagte opbrengs van 1,55 t/ha.
Die verwagte grondbone-oes is 52 645 ton, wat 2,06% of 1 110 ton minder is as die 53 755 ton van die vorige skatting. Vir grondbone is die oppervlakteskatting 41 200 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,28 t/ha is.
Die produksieskatting van sorghum is onveranderd gelaat op 95 830 ton. Die oppervlakteskatting vir sorghum is 42 100 ha, en die verwagte opbrengs is 2,28 t/ha.
In die geval van droëbone is die produksieskatting 50 495 ton, wat 1,89% of 935 ton meer is as die 49 560 ton van die vorige skatting. Die oppervlakte beplant met droëbone is 39 550 ha, en die verwagte opbrengs is 1,28 t/ha.
NIE-KOMMERSIëLE MIELIES – VOORLOPIGE OPPERVLAKTE- EN PRODUKSIESKATTING: 2024
Die voorlopige oppervlakte beplant met mielies in die nie-kommersiële landbou-sektor word geskat op 347 000 ha, wat ’n afname van 3,24% verteenwoordig in vergelyking met die 358 620 ha van die vorige seisoen. Die verwagte mielie-oes van dié sektor is 575 000 ton,
wat 13,41% minder is as die 664 040 ton van die vorige seisoen. Dit is belangrik om daarop te let dat ongeveer 46% van die mielies wat geproduseer word in die nie-kommersiële sektor, in die Oos-Kaap geplant word, gevolg deur KwaZulu-Natal met 22%.
Wintergewasse – 2024 produksieseisoen
Koring: Die verwagte produksie vir koring is 1,903 milj. ton, wat 7,16 % of 146 720 ton minder is as die vorige seisoen se oes van 2,050 milj. ton, terwyl die verwagte opbrengs 3,76 t/ha is.
Die verwagte produksie in die Wes-Kaap is 1,067 mij. ton (56%), wat 16 800 ton minder is as die 1,084 milj. ton geproduseer in die vorige seisoen. In die Noord-Kaap is die beraamde produksie 277 400 ton (15%) – 14 600 ton minder as die 292 000 ton geproduseer in die vorige seisoen. In die Vrystaat is die verwagte produksie 227 500 ton (12%), wat 53 300 ton minder is as die vorige seisoen se
oes van 280 800 ton.
Die oppervlakteskatting vir koring is hersien na 506 300 ha, wat 4 300 ha meer is as die 502 000 ha teenoor die vorige skatting. Die beraamde oppervlakte geplant in die Wes-Kaap is 368 000 ha of 73%, die Vrystaat is 50 000 ha of 10% en 38 000 ha of 8% is in die Noord-Kaap.
Ander gewasse: Die produksieskatting vir gars is 415 135 ton, wat 10,12% of 38 135 ton meer is as die vorige seisoen se oes van 377 000 ton. Die oppervlakte beplant word beraam op 100 500 ha, terwyl die verwagte opbrengs 4,13 t/ha beloop.
Die verwagte kanola-oes is 265 750 ton, wat 12,46% of 29 450 ton meer is as die vorige seisoen se oes van 236 300 ton. Die oppervlakteskatting vir kanola is 154 200 ha, met ʼn verwagte opbrengs van 1,72 t/ha.
Die verwagte oes vir hawer vir die 2024-seisoen is 69 825 ton en die hersiene oppervlakteskatting is 30 250 ha. Die verwagte opbrengs is 2,31 t/ha. In die geval van soetlupine is die produksieskatting 18 400 ton. Die oppervlakte beplant met soetlupine is 16 000 ha, en die verwagte opbrengs is 1,15 t/ha.
Die agtste produksieskatting vir somergewasse vir 2024 en die tweede produksieskatting vir wintergewasse sal op 26 September 2024 vrygestel sal word.