Categories: NuusPublished On: 29th July 2024

Geskatte mielie-oes is 18,85% minder as in 2023

By 3 min read
574 words

corn field with sunset at countryside

corn field with sunset at countryside

Die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes is op 13,333 milj. ton gestel, wat 0,53% of 71 250 ton minder is as die vorige skatting van 13,405 milj. ton. Die verwagte opbrengs van mielies is 5,06 t/ha.

Die geskatte mielie-oes is 18,85% of 3,097 milj. ton minder as die 2023-oes. Die drie belangrikste mielieproduserende gebiede, nl. die Vrystaat, Mpumalanga en Noordwes-provinsies, gaan na verwagting 79% van die 2024-oes produseer. Die produksieskatting van witmielies is onveranderd gelaat op 6,348 milj. ton.

Die oppervlakteskatting vir witmielies is 1,555 milj. ha en die verwagte opbrengs is 4,08 t/ha. In die geval van geelmielies is die produksieskatting 6,986 milj. ton, wat 1,01% of 71 250 ton minder is as die 7,057 milj. ton van die vorige skatting. Die oppervlakteskatting vir geelmielies is 1,082 milj. ha en die opbrengs is 6,46 t/ha.

Ander somergewasse:

Sonneblomsaad: Die produksieskatting vir sonneblomsaad is onveranderd gelaat op 649 250 ton. Die oppervlakteskatting vir sonneblomsaad is 529 000 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,23 t/ha is.

Ander gewasse:

Die produksieskatting van sojabone is ook onveranderd gelaat op 1,779 milj. ton. Die geskatte oppervlakte beplant van sojabone is 1,151 milj. ha, met ‘n verwagte opbrengs van 1,55 t/ha. Die verwagte grondbone-oes is 53 755 ton, wat 1,26% of 685 ton minder is as die 54 440 ton van die vorige skatting. Vir grondbone is die oppervlakteskatting 41 200 ha, terwyl die verwagte opbrengs 1,30 t/ha is.

Die produksieskatting van sorghum is onveranderd gelaat op 95 830 ton. Die oppervlakteskatting vir sorghum is 42 100 ha, en die verwagte opbrengs is 2,28 t/ha. In die geval van droëbone is die produksieskatting 49 560 ton, wat 5,04% of 2 630 ton minder is as die 52 190 ton van die vorige skatting. Die oppervlakte beplant met droëbone is 39 550 ha, en die verwagte opbrengs is 1,25 t/ha.

NIE-KOMMERSIëLE MIELIES – VOORLOPIGE OPPERVLAKTE- EN PRODUKSIESKATTING: 2024

Die voorlopige oppervlakte beplant met mielies in die nie-kommersiële landbou-sektor word geskat op 347 000 ha, wat ’n afname van 3,24% verteenwoordig in vergelyking met die 358 620 ha van die vorige seisoen.

Die verwagte mielie-oes van dié sektor is 575 000 ton, wat 13,41% minder is as die 664 040 ton van die vorige seisoen. Dit is belangrik om daarop te let dat ongeveer 46% van die mielies wat geproduseer word in die nie-kommersiële sektor, in die Oos-Kaap geplant word, gevolg deur KwaZulu-Natal met 22%.

Wintergewasse – 2024 produksieseisoen

Die voorlopige oppervlakteskatting is gebaseer op die resultate van ’n nieewekansige opname onderneem deur die Direktoraat: Statistiek en Ekonomiese Analise van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling, en weerspieël die situasie teen die middel van Julie 2024, sowel as insette van die PDL verteenwoordigers.

Let wel, inligting van die Produsente Onafhanklike Oesskattingstelsel (“PICES”), soos gedoen deur die Nasionale Oesskattingskonsortium, sal vir die Wes-Kaap in Augustus 2024 gerapporteer word en vir die Vrystaat in September 2024.

Koring: Die voorlopige skatting van die oppervlakte onder koring beloop 502 000 ha, wat 6,68% of 35 950 ha minder is as die 537 950 ha wat verlede seisoen aangeplant is.

Die beraamde oppervlakte beplant in die Wes-Kaap is 363 000 ha, wat 2 000 ha minder is as die 365 000 ha van die vorige seisoen. Vir die Vrystaat is die aanplantings 51 000 ha, wat 21 000 ha minder is as die 72 000 ha wat verlede seisoen aangeplant is. Die oppervlakte beplant in die Noord-Kaap is 38 000 ha, wat 2 000 ha minder is as die vorige seisoen.

Ander gewasse:

Die voorlopige oppervlakskatting vir gars is 102 050 ha, wat 5,16% of 5 550 ha minder is as die 107 600 ha van verlede seisoen. Die oppervlakte onder kanola is 146 200 ha, wat 11,43% of 15 000 ha meer is as die 131 200 ha wat verlede seisoen aangeplant is. Die voorlopige oppervlakteskatting vir hawer vir die 2024-seisoen is 28 400 ha en vir soetlupine 16 000 ha.

Die sewende produksieskatting vir somergewasse en wintergewasse vir 2024 sal op 28 Augustus 2024 vrygestel word.

Bron: Oesskattingskomitee

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0