Gallagher is die béste, so sê Bok van Blerk!

DSC_0423
Kyk, as Bok van Blerk sy stempel van goedkeuring gee, staan die meeste Suid-Afrikaners bankvas daaragter. Gallagher staan kop-en-skouers uit bo al hulle teenstaanders met hulle uitstekende produkte en Bok as húlle ambassadeur!
Benard Willemse, areabestuurder by Gallagher, vertel hoekom hulle produkte die heel beste op die mark is. “Gallagher sien om na plase.” Volgens hom is daar vir almal iets wat kan help.

Benard Willemse staan gereed vir klante om in te stroom.
Van die produkte wat Gallagher aan boere bied, sluit in elektriese heinings vir die groot wildsplase om hulle wildseenhede te beskerm, drukbeweidingstelsels vir die skape en beeste, en watermonitering.
Maar die produk waarvoor Gallagher alombekend is, is hulle weegskale. “Hierdie weegskale gee vir jou elke keer akkurate inligting oor jou diere om jou te help om die regte besluite te neem,” sê Benard.

Bok van Blerk staan trots met sy Gallagher produk in die hand.
Met betrekking tot die watermoniteringstelsels noem Benard die volgende: “Dit is lekker oulike stelsels wat altyd vir jou kan sê waar jou damvlakke lê en dan outomaties die pompe kan aanskakel om jou damme vol te hou.” Só kan jy kommervry seker wees dat jou damvlakke altyd optimaal is.

Bok van Blerk, die bekende Suid-Afrikaanse sanger, was ’n magneet by die Gallagher-uitstalling by NAMPO 2024.
Bok glo self in die gehalte van Gallagher. “Ek dink Gallagher het ’n topklas produk van hoë gehalte. Ek hou daarvan om met hulle verbind te word en ek is trots daarop.”
Hy glo ook dat die einde vir hulle nog lank nie in sig is nie. “Ek is nou al ’n jaar ’n ambassadeur vir Gallagher en ons stap ’n lekker paadjie saam. Ek sien uit na wat vorentoe nog kom.”

Benard Willemse demonstreer hoe die Gallagher produkte werk.
Kontakbesonderhede
Om kontak te maak met Gallagher te kom, besoek www.gallaghersa.com. Daar kan jy meer van die produkte uitvind en inligting rakende pryse bekom.