Categories: Vee en WildPublished On: 18th June 2025

Gallagher doen sy werk by Gert Wessels Voerkrale

By 3 min read
519 words

WhatsApp Image 2025-06-11 at 09.25.34

‘n Lugfoto van die Gert Wessels voerkrale buite Bothaville.

Duursaam en gehalte, dit is die twee woorde wat Johan Labuschagne gebruik om Gallagher se toerusting te beskryf. Met meer as 2 000 beeste in hulle voerkraal en nog 1 000 in die veld werk Gallagher se toerusting oortyd op hulle plaas, en Johan sê die produkte hou net.

Johan het so jaar gelede aangesluit by sy skoonpa, Gert Wessels van Gert Wessels Voerkrale, waar die familie al meer as 50 jaar boer, net buite Bothaville. Hier boer hulle met skape, beeste en mielies en Johan is in beheer van die voerkrale.

Met sy aankoms op die plaas het sy skoonpa reeds Gallagher se weegskale en EID-etikette gebruik. In die voerkraal gebruik hulle die weegskale om die skape en kalers te weeg en hulle het ook van Gallagher se EID-etiketlesers wat data insamel.

“In die voerkraal wil jy mos maar die groei van die beeste en so aan sien. Mens kan dit seker gaan uitwerk, maar die leser bespaar jou tyd want hy gee sommer vir jou al die inligting dadelik,” verduidelik Johan.

Gallagher het ‘n wye reeks weegskale wat vir veebestuur ontwerp is en boere help om dieregewig en -prestasie doeltreffend na te spoor.

Hulle modelle sluit in:

  •  Die W-0 weegskaal is ‘n kompakte, gebruikersvriendelike skaal met Bluetooth-aansluiting vir intydse gewigsbepaling deur die Gallagher Animal Performance-toep.
  • Die W-1 weegskaal is geskik vir permanente of tydelike installasie en bied draadlose weegvermoëns.
  • Die TW-1, TW-3, TWR-1 en TWR-5 is Gallagher se gevorderde modelle met raakskerms en geïntegreerde EID-lesers vir data-insameling.

Hierdie skale help om voerdoeltreffendheid te optimaliseer, akkurate medikasiedosisse te verseker en veewinsgewendheid te verbeter.

Gesonde vet beeste by Gert Wessels Voerkrale word gemoniteer met die hulp van Gallagher se toerusting.

Gallagher EID-etikette

Gallagher se EID- (elektroniese identifikasie) -etikette word gebruik om individuele vee doeltreffend na te spoor. Dit help boere om datagedrewe bestuursbesluite te neem.

Hierdie etikette werk saam met Gallagher se EID-lesers, wat die unieke etiketnommer op elke dier lees en data versamel onder daardie etiketnommer wanneer diere geweeg, behandel of geïdentifiseer word.

Gallagher het permanente EID-lesers asook draagbare lesers. Hierdie lesers stel boere in staat om elke dier se prestasie, gesondheid en teling meer presies te moniteer.

Johan vertel dat sy skoonpa die eerste keer by NAMPO van Gallagher te hore gekom het en daarna besluit het om hulle toerusting by die daaglikse plaastake in te sluit.

“Ons is baie tevrede met Gallagher; ons hou aan van hulle produkte koop,” sê Johan.

Hulle beplan ook om nog van die EID-lesers by te koop en dit te gebruik vir hulle veldbeeste. Volgens Johan is Gallagher se produkte dalk ‘n bietjie duurder, maar hy vertel dat die gehalte baie goed is. Hierdie toerusting word in die veld en voerkrale gebruik en gaan deur baie hande, maar volgens Johan hou hulle.

“Ek sal beslis Gallagher se produkte voorstel aan my buurman Dit is gebruikersvriendelik, so enigiemand kan dit gebruik. Ons sal in die toekoms na nog van Gallagher se ander toerusting kyk maar vir nou koop ons net nog meer van die toerusting wat ons elke dag gebruik.”

Loer gerus na Gallagher se dierebestuurtoerusting op hulle webtuiste by www.gallaghersa.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0