Categories: Artikels, BesproeiingPublished On: 27th May 2024

Drupbesproeiing elke druppel werd by Claassen-boerdery in die Swartland

By 5 min read
961 words

DSC_0281

Die wingerde wat onlangs opgerig en toegerus is met Agrico se drupbesproeiing op Windheuwel-plaas.

Liefde vir boerdery is aansteeklik op Windheuwel-plaas, waar dinge aan die gebeur is by die Claassen-boerderygroep. Reuse trekkers dreun in die agtergrond, besig om die volgende seisoen se saad aan die grond toe te vertrou, terwyl opgrawings vir nuwe besproeiingstelsels vinnig vorder.

Gert Claassen, besturende direkteur van Claassen-boerderygroep, beskou homself as ’n immigrant vanaf die Hoëveld na die mooie Swartland. Hier het die Claassen-groep hulleself ongeveer 12 jaar gelede gevestig om ’n uiters suksesvolle boerdery in die Malmesbury-distrik te bou.

Gerhard Swart van Agrico en Gert Claassen van Claassen-boerderygroep.

“Ek dink na 12 jaar kwalifiseer ons nou al as Swartlanders,” vertel hy laggend. “Ons boer maar met jou tipiese Swartland-gewasse, kleingraan, koring, gars, kanola en hawer. Aan die besproeiingskant fokus ons nou meer op wyndrywe, en ook vee.”

Hy voeg by: “Ons het hoofsaaklik in die Hoëveld spilpuntbesproeiing gehad vir mielies en ander graan. Toe ons in 2012 hier gevestig het, het ons tot en met 2014 die water en stelsels hier op die plaas ontwikkel en oudergewoonte weer gefokus op spilpuntbesproeiing. Dit was waarmee ons vertroud was.”

Die Claassens kom tot die besef dat drup-besproeiing eerder die antwoord is

“Tien jaar later het ons tot die besef gekom dat ons winde, ligging en ‘n klomp ander faktore teen ons was. Ons het met mielies geboer, daarna saadaartappels en ’n verskeidenheid groente, alles met redelik sukses, maar ons was altyd onseker ten opsigte van risiko en die hoeveelheid water benodig,” deel Gert.

“Na ‘n paar jaar se swaar droogtes, en omdat die Swartland nie noodwendig ‘n waterryke streek is nie, het ons besef dat waterbestuur in hierdie gebied van deurslaggewende belang is.”

Die Claassens moes ook begin kyk na ander alternatiewe gewasse met die laagste moontlike risiko, en die hoogste inkomste per kubieke meter water. Daar is toe besluit om eerder op die wynbedryf te fokus.

Die opgaardam op Windheuwel-plaas, wat dien as die waterbron vir die wingerde.

“Na die eerste spilpunte, het ons met die raad en kundigheid van die Agrico span verskeie stelsels getoets,” vertel Gert.  “Ons het besef dat die gewas wat in die omgewing sukses behaal, wingerd is, en dat drup-besproeiing in hierdie gebied die beste werk.”

“Van toe af het ons begin om al die spilpuntbesproeiing om te skakel na drup-besproeiing en die wingerd uitgebrei. Ons doelwit is nou om die wingerd tot volle kapasiteit uit te brei binne die volgende vyf tot sewe jaar,” sê Gert.

Die ouer, reeds bestaande wingerde wat op die plaas gevestig was.

Agrico se betrokkenheid by Claassen-boerdery

Vandag is Gerhard Swart, besproeiingsontwerper en -bemarker van Agrico Paarl, aan stuur van sake by Claassen-boerdery se besproeiingsprojekte.

“Gerhard Swart stap ook nou al van die begin af die pad saam met ons, en ons het ‘n baie in-diepte verhouding waar ons konstant die projekte bespreek en aanpas. Al was daar ’n paar tekortkominge, het Agrico ons hand gevat en dit help oplos, in die goeie tye en slegte tye,” vertel Gert. “Van topbestuur af is daar ook ’n uiters goeie verhouding – jy kan maar sê ons het vaste vennote in die verskillende besproeiingsaspekte.

“Agrico het alles vir ons gedoen: die ontwikkeling, die hoeveelheid watervloei, die drupstelsels, die pompstelsels, die elektroniese stelsels – van begin tot einde was Agrico saam met ons, en is steeds betrokke met die uitbreiding van die wingerde.”

Die druppers dien die water op die grond, teen die wortels van die wingerde toe.

Claassen-boerdery se watervoorsiening

Die boerdery maak staat op geregistreerde boorgatwater op die plase. ’n Groot opvangdam help hulle  om water op te gaar en die wingerd optimaal te bestuur. Omdat  die water stadiger gelewer word deur ‘n drupsisteem kan daar ‘n groter area op ‘n slag nat gemaak word.

“Ons beoog om so 4 500 kubieke meter per hektaar deur die seisoen toe te dien, maar dit wissel ook van jaar tot jaar. Ons besproeiingstelsel wat eintlik, gelukkig ontwerp was vir die spilpuntbesproeiing, kan omtrent 1 000 kubieke meter water per uur voorsien.”

“Aangesien ons onmiddelike toediening op die drup stelsel laer is, kan ons binne 12 uur alles besproei. Dit het beteken dat ons selfs tydens fase 6 beurtkrag kon regkom.” sê Gert.

Tegniese agtergrond van die drupbesproeiingsprojek

Na deeglike samesprekings met Gert om sy behoeftes te bepaal in die lig van die vestiging van nuwe wingerde, en in aggenome die spesifieke grondklassifikasie en terrein, het hulle op die volgende drupstelsel besluit:

  • Die ontwerp gebruik 1.6 liter per uur drukgekompenseerde drupperlyn. Drupbesproeiing het verminderde verdamping tot gevolg en is dus waterbesparend. Druppyp kan ook as vervoermiddel gebruik word om kunsmis direk aan die wingerdstokwortels toe te dien.
  • Vir die stelsel het Agrico twee sentrale Azud Helix skyf filterstelsels gebruik met ‘n filtrasiegraad van 130 mikron om die druppers te beskerm. Die stelsel monitor die drukval oor die filters en spoel outomaties om te verseker dat die stelsel optimaal werk en nie onnodige energie vermors weens ‘n vuil filter nie. Tydens die spoelaksie gaan die besproeiing voort soos normaalweg
  • Watervoorsiening na drupblokke word deur KSB Etanorm sentrifugale pompe gedoen na die verskeie drupareas. Die pompe is toegerus met “variable speed drives” of VSDs wat die motors se spoed beheer om te verseker dat die nodige druk in die stelsel gehandhaaf word en niks meer nie. Dit beteken ‘n voortdurende energiebesparing vir Claassen Boerdery.
  • Die besproeiingstelsel is tegnies gevorderd en toegerus met ‘n sentrale besproeiingsrekenaar in die plaaskantoor, maar die gebruiker in die veld kan van sy selfoon af aanpassings maak.

Die Claassen-groep het ook ‘n groot saaiboerdery-afdeling.

Gert meen: “Die stelsels en toerusting wat ons het is werklik wêreldklas-gehalte. Ons is op die voorpunt van tegnologie, en alles is vir ons moontlik gemaak en aangebied uit Agrico se ontwerp en die begeleiding.”

Vir meer inligting oor Agrico se wêreldklasprodukte en dienste, of om jou naaste Agrico-tak op te spoor, besoek www.agrico.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0