Categories: Animal handling, Livestock and gamePublished On: 10th March 2025

Doseer jou skape maklik … met Kanna Industries se V-vormige vervoerband

By 2 min read
424 words

f90ba280-755d-484c-968b-eb8c375e2dff

Doseer jou skape of bokke in ‘n japtrap met Kanna se V-vormige vervoerband.

Maak dosering maklik vir jouself en jou skape met Kanna Industries se V-vormige vervoerband. Nou kan jy jou skape vinnig en doeltreffend doseer sonder om stremming op jou diere te plaas.

Kanna Industries se V-vormige vervoerband kan as ‘n statiese eenheid gekoop en by jou bestaande kraal ingeskakel word, of as ‘n mobiele eenheid wat vir verskeie krale op verskeie plekke gebruik kan word.

Doseer jou skape maklik en en doeltreffend met die V-vormige vervoerband.

Hierdie vervoerband help boere om meer beheer oor hulle skape of bokke te hê. Wanneer die diere uit die drukgang beweeg, skuif hulle rustig na die v-vormige vervoerband oor. Die proses plaas geen stremming op die dier nie en maak hulle ook nie seer nie. Die diere se pote word van die grond af gelig sodat hulle in die v-vorm hang en deur die vervoerband vorentoe geskuif word.

Die dier kan ook vinnig en maklik op sy rug gedraai word om sy onderkant by te kom.

Dit gee boere meer beheer om diere te doseer of te ondersoek. Die vervoerband se spoed kan verstel word sodat die werk deeglik afgehandel kan word en geen diere oorgeslaan word nie.

Indien nodig, is dit ook maklik om ‘n dier op sy rug te draai en so verder deur die vervoerband vervoer word.

Vir ekstra veiligheid kom die V-vormige vervoerband ook met ‘n vollengte voet-stopskakelaar. Indien nodig, kan jy net op die skakelaar trap om die band te stop en aan die dier te werk. Sodra jy klaar is, lig jy net jou voet en die band begin weer beweeg.

Die wydte van die V-vorm kan ook kleiner of groter gestel word volgens jou diere se behoeftes. Hierdie vervoerbande kom as standaard in 3 m lengtes, maar kan ook volgens ‘n klant se behoeftes en spesifikasies gebou word.

Kanna Industries se mobiele V-vormige vervoerband is perfek vir boere wat skape in verskillende krale op verskillende plekke moet doseer.

Die mobiele eenheid word baie maklik aan jou bakkie gehaak om dit van kamp tot kamp of plaas tot plaas te vervoer.

Die vervoerband word elektries aangedryf en ‘n 3 kW kragopwekker dryf hom maklik aan. Hierdie eenheid kan ook afslaan om plat om die grond te staan sodat jou skape nie hoef te sukkel om tot by die vervoerband te klim nie.

Kanna Industries kan ook versinkte weergawes van hierdie vervoerbande bou indien ‘n klant dit verlang.

Om meer uit te vind oor Kanna Industries se produkreeks, of om jou eie v-vormige vervoerband aan te koop, besoek gerus hulle webtuiste by www.kannaindustries.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0