Dom Boer se lag vir die dag:

7
Blitsige herstel
Stiefie en Liefie het ‘n tweeling. Toe hulle vyf jaar oud is kan die een al vlot praat, maar die ander een sê nie ‘n woord nie en geen dokter of geleerde kan die kind aan die praat kry nie.
Stiefie hoor dat Lekkerrus se mineraalwater talle kwale gesond maak en ten einde raad besluit hy om die kind soontoe te vat.
Daar gekom, smyt hy die kind in die warmwaterswembad en toe die outjie se kop bo die water verskyn skree hy: “Jippie, dit is lekker! Doen dit weer, Pa!”
Nog drie keer gooi hy die kind in die swembad en elke keer skree die kind: “Dis lekker!”
Stiefie kan nie wag om by die huis te kom nie. Tuis vertel hy Liefie van die wonderwerk.
“Ag twak man,” antwoord Liefie. “Jy het die verkeerde een saamgevat.”