Die Agrico T1250 Ripper bewerk dieper, vir beter opbrengs prestasie

OFFLINE 01 – (Project Name).00_59_28_24.Still006
Agrico is nie net bekend vir spilpunte nie, maar ook vir meganiese grondbewerkers soos die T1250-skeurploeg wat met 14 tande tot 'n diepte van 800 mm kan werk.
Suid-Afrika se uiteenlopede landbou toestande, vereis doelgerigte implemente vir verskillende grondtipes. Die Agrico herset T1250 skeurploeg tand is spesifiek ontwerp vir ons diep sandgrond van sentraal Suid-Afrika.
Dit is juis op hierdie sandgronde naby Wesselsbron op die plaas van Aser Nel wat die T1250 se werkverigting gedemonstreer was. Die resultate was duidelik die T1250 lewer wat dit belowe én wat die grond vereis.
’n Demonstrasie van krag op die grond
Die demonstrasiedag het boere uit die groter omgewing die geleentheid gebied om die T1250 in aksie te sien, agter die kragtigste trekker in produksie: die John Deere 9RX 830. Hierdie trekker het ’n maksimum enjin drywing van 913 hp (672 kW). Die T1250 het 14 tande 800 mm diep deur die grond getrek. Voorwaar ’n prestasie van beide trekker en implement.
“Dit is besmoontlik die skeurploeg wat ons nog gebou het wat die meeste drywing of tewel kilowatt vereis om te trek,” vertel Paul Burger, implement produkbestuurder by Agrico. “Hierdie 14-tand is ’n basiese skeurploeg, maar presies wat jy in sulke grond nodig het. Dit is ideaal vir sanderige grond waar boere graag so diep as moontlik wil werk.”
Hierdie T1250 is ontwerp as ’n sleepwerktuig met ’n hoofraam van ses meter en vlerke van drie meter. Die ploeg vou hidroulies op vir vervoer, met die hoofwiele aan die raam, wat stabiliteit en maklike hantering verseker.
Hoekom diep ploeg in sandgrond?
Volgens Aser Nel is diepbewerking in sy streek van deurslaggewende belang. “Ons boer in sanderige grond en spoorverkeer is vir ons belangrik. Ons wil diep rip of skeurploeg om ’n doeltreffende bewerking te kry, veral om ondergrondse verdigtingslae te breek.”
Hy het vier jaar gelede die T1250 aangeskaf en is steeds uiters tevrede. “Die tande is versterk en ons het geen strukturele probleme nie. Ek kry die diepte wat ek benodig, en die breedte van die werktuig help dat ek my rye akkuraat kan bewerk.”

Aser Nel van Aser Nel Boerdery en Paul Burger van Agrico stap al die afgelope vier jaar die pad saam om te sorg dat Aser se skeurploeg doeltreffend werk om sy oes te verbeter.
Struktuur en spesifikasies
Die T1250 is deel van Agrico se T-reeks skeurploë, wat insluit:
- T800 – vir minimumbewerking en konvensionele grondvoorbereiding in meer kleirerige gronde;
- T1000 – werk tot 600 mm diep, ideaal vir medium tot swaarder grond;
- T1250 – top van die reeks, vir sanderige grond, tot 800 mm diep;
- Inlyn tand – geskik vir nouer ryspasiëring en grond met hoë weerstand.
Hierdie T1250 se 14 tande is gespasieer op 762 mm (2½ voet), wat goeie deurvloei en grondbreking verseker. Volgens Paul werk boere in hierdie streek tipies tussen 700 mm en 800 mm diep. “In sommige gronde kan jy selfs 500 tot 800 kg ekstra opbrengs per hektaar kry vir elke 100 mm wat jy dieper werk. Met sulke voordele betaal die werktuig homself in een seisoen af.”

Die T1250 kan tot op ‘n diepte van 800 mm in die grond werk om verdigtingslae in sandgrond op te breek.
Stewigheid en volhoubaarheid
Om duursaamheid te verseker, is die implement se tande van hoë sterkte staal vervaardig, wat slytasie verminder. Die tandskag is 25mm wyd, hierdie wydte is optimum tussen trekweerstand en sterkte
Agrico het ‘n 40mm dik skaar ontwikkel vir die sandgronde en die T1250 . “Op hierdie spesifieke ripper het die skare reeds meer as 500 hektaar gewerk, en hulle het nog sowat 75% van hulle lewensduur oor,” verduidelik Paul.
Die disselboom van vier meter bied goeie draaivermoë sonder om stabiliteit in te boet. Die topstang stel die werkhoek van die werktuig presies in – ’n belangrike eienskap vir doeltreffende en diep bewerking.
Aanpassings en opsies
Agrico bied ook verskeie bykomende opsies vir Agrico rippers om die optimale oplossing vir elke plaas se omstandighede te bied:
- Kouters (kom van engelse coulters af) of snyskywe voor, wat plantreste sny. Dit help vir materiaal vloei en om grondvoorbereiding in een aksie af te handel;
- Verskillende rollers agter, Saagtand-, pyp-, tandem- en ligte rollers afhangend van wat die grond en produsent vereis;
- Skaaropsies, insluitend dikker, vlerk tipe, reguit en klei skaar opsies vir elke grondtipe.
“Met die regte kombinasie van trekker en skeurploeg werk jy slimmer, nie harder nie,” sê Paul. “En in party gevalle kan jy ’n eenmalige bewerking doen voor daar geplant word – sny, rip en rol – met die regte bykomstighede. Wanneer grond so bewerk word, spaar dit brandstof en onnodige werktuig verkeer oor die grond.
Boerevertroue en naverkoopdiens
Die sukses van die T1250 lê in sy doetreffendheid, robuustheid en aanpasbaarheid. Agrico se kundigheid in werktuigontwerp, tesame met praktiese insette van boere soos Aser Nel, het gelei tot ’n werktuig wat regtig werk.
Aser sê die ervaring met Agrico was uitstekend. “Ek het hulle nie geken toe ek die ripper bestel het nie, maar sedertdien het hulle my nooit in die steek gelaat nie. Dit was ’n nuwe konsep vir my, maar hulle het my ondersteun van dag een af.”
Hy voeg by: “Ek sal Agrico se toerusting en diens met vrymoedigheid aanbeveel vir ander boere. Veral in sandgrond doen die T1250 uitstekend. En omdat Agrico verskillende tande en skeurploeë bied, is daar iets vir elke tipe grond.”
Kontak Agrico vir meer inligting
“Ons ontwerp produkte vir Suid-Afrikaanse boere en grondtoestande,” sê Paul. “Met 40 takke landwyd is ons altyd naby genoeg om te help met raad, diens en ondersteuning.”
Boere wat belangstel in die T1250 of enige ander Agrico-werktuig, word aangemoedig om hulle naaste tak te kontak of ’n afspraak vir ’n demonstrasie te reël. Die Agrico-span is beskikbaar vir advies oor jou tipe grond, die regte implement of pasggemaakte produkte vir jou plaas.
Besoek die webwerf by www.agrico.co.za of gesels met jou plaaslike Agrico-handellaar by een van hulle 40 takke in Suid-Afrika. Boere kan gerus ook vir Paul Burger self skakel by +27 82 374 6938.