Categories: Artikels, Meganisasie, NuusPublished On: 20th June 2025

John Deere stel sy nuwe monster bekend: Ontmoet die 9RX 830

By 5 min read
1035 words

WhatsApp Image 2025-06-20 at 11.11.44

John Deere stel sy nuwe reus bekend. Die John Deere 9RX830 is die grootste trekker in Afrika en weeg 38 ton, kan tussen 610 kW en 680 kW krag op die grond neersit, en sleep reuse werktuie met min moeite deur die landerye.

Op 19 Junie vanjaar het ’n indrukwekkende demonstrasiedag plaasgevind by Aser Nel Boerdery tussen Hoopstad en Wesselsbron, aangebied deur Senwes in samewerking met John Deere.

Die ster van die dag was die splinternuwe John Deere 9RX 830, ’n vier-rusperband-trekker met oorweldigende krag en toplandboutegnologie, wat ’n duidelike boodskap stuur aan moderne Suid-Afrikaanse boere: tegnologie is nie ’n luukse nie, maar dit is ’n noodsaak vir volhoubaarheid, produktiwiteit en wins.

Wie’s agter die dag?

Die dag is aangebied by Aser Nel Boerdery, waarvan eienaar Aser Nel persoonlik betrokke was. Hy het gesê: “Hy het die voorreg gehad om die trekker vir ’n week op sy plaas te hê, en dat hy hom self gery het. Ek het nog nooit soveel krag in ’n trekker gesien nie, en met die tegnologie en aanpassings wat John Deere aan die ontwerp van die rusperbande gemaak het, sit hierdie trekker waarlik sy krag op die grond neer.”

Hoogtepunte van die demonstrasie

Gaste is verwelkom met heerlike koffie en beskuit, waarna die 9RX 830 sy indrukwekkende omvang, spoed en produktiwiteit ten toon gestel het deur ‘n veertientand Agrico-skeurploeg op ‘n diepte van 800mm, moeiteloos deur die landery te trek. Die trekker het nie net sy krag en sure‑drive vermoëns bewys nie, maar ook hoe vinnig hy hierdie uitdagende take kan voltooi wat ’n sleutelfaktor geword het vir die krimpende seisoene.

Verder is die tegnologie aan boord ook toegelig: die e21™-oorplaasratkas met Efficiency Manager, geïntegreerde presisieboerdery-oplossings en die luukse CommandView™ 4 Plus kajuit. Gaste kon self inklim en sien hoe die groot aanraakskerm werk, hoe die kajuitvering glad ’n ongelyke veld hanteer, en hoe maklike toegang tot bedryfspunte die versiening vergemaklik.

Tegniese hoogtepunte van die 9RX 830

Met sy 18 liter John Deere JD18‑enjin lewer die 9RX 830 ‘n nominale krag van 830 perdekrag (610 kW) en ‘n maksimum van 913 pk (680 kW). Die enjin voldoen aan Final Tier 4/Stage V emissienorme en verminder die behoefte aan dieselsuiwelvloeistof (DEF) deur klem te lê op herleiding van uitlaatgasse. Die trekker het vier rusperbande beskikbaar in 762 mm of 914 mm breedte, met loopspoor-opsies van 2 235 mm of 3 048 mm. Hierdie ontwerpe balanseer gronddruk en trekrendement ideaal, selfs op hellings – tot wel dubbel soveel gewig teen dieselfde spoed as ’n 9RX 640 trekker.

Die e21™ PowerShift-ratkas met 21 vorentoe- en 11 agteruitratte en Efficiency Manager spoedbeheer, is uitnemend vir moderne werksomgewings. Die hidrouliese pompstelsel lewer tot 168 liter per minuut en ondersteun swaar sleepwerktuie teen ‘n  konstante werkspoed.

Die CommanderView™ 4 Plus kajuit het ’n 32,5 cm skerm, 15 % meer vloerplek, 20 % beter sigbaarheid en ’n nuwe kajuit­veringstelsel met drie vryheidsgrade en vier skokbrekers. Opsionele luukshede sluit in voetborde, yskas en ‘n self-verhitte sitplek.

Groot tegnologiese integrasie

Tydens die demonstrasie is dit beklemtoon hoe geïntegreerde tegnologie die werkverrigting verhoog en bedryfskoste verlaag:

  • Presisieboerdery: JDLink, AutoTrac en die nuwe G5Plus‑skerm verseker dat die trekker met die John Deere Operations Center verbind is, wat beteken dat die werking van die trekker se verskillende onderdele deurentyd dopgehou word, en dat daar voorkomend opgetree kan word om seker te maak dat niks breek en die trekker moet staan nie.
  • Hydrouliese doeltreffendheid: Die 168 lpm stelsel sorg dat werkverrigting van die sleepwerktuie optimaal is en met ‘n verbeterde olieverkoelingstelsel sorg die trekker ook dat die olie koel bly.
  • Versieningsgemak: Al die gewone diens­punte (lugfilters, brandstof) is vanaf grondvlak bereikbaar as gevolg van die slim ontwerp.

Waarom is John Deere ‘n goeie belegging?

Tydens die geleentheid het Stephan Gouws van John Deere gesê: “Daar is ’n 2 miljard dollar belegging gemaak in die John Deere fabriek in die VSA om hierdie trekker te kan bou. John Deere wil teen 2030 die mees volhoubare en winsgewende boere in die bedryf hê. Om hierdie doelwit te bereik spandeer hulle jaarliks meer aan navorsing en ontwikkeling van landboutegnologie as al die ander Amerikaanse kompititeerders saam. My wenk aan die boere wat die dag bygewoon het is om nie agter te raak met landboutegnologie nie. Tegnologie is wat jou winsgewend en produktief op jou plaas hou, en met die pas van verandering vandag is dit bitter moeilik om tegnologies in te haal as jy eers agter geraak het.”

Hierdie stelling beklemtoon dat die 9RX 830 nie net ’n kragtige masjien is nie, maar deel is van ’n strategiese belegging in die toekoms van boerdery – beide tegnies en finansieel.

Tydens die demonstrasie op 19 Junie 2025 by Aser Nel boerdery tussen Hoopstad en Wesselsbron, het die trekker sy krag voor ‘n skare van sowat 300 genooide gaste ten toon gestel. Hierdie bul-trekker sleep die veertientand Agrico skeurploeg op ‘n diepte van omtrent 800 mm deur die grond sonder om die toereteller in die rooi te druk.

Finansiële ondersteuning en samewerking

Antois van der Westhuizen, Hoof van John Deere Financial, het die langtermyn-vennootskap met Senwes beklemtoon:“Hierdie vennootskap help om seker te maak dat boere toegang kan kry tot die nuutste tegnologie teen bekostigbare finansiering.”

Sedert 1991 werk John Deere en Senwes saam om finansiële oplossings te bied wat boere toelaat om tegnologie soos die 9RX 830 in hul bedrywighede in te sluit op ‘n bekostigbare wyse.

Francois Redelinghuys, Senwes se bemarkingshoof, het uiteengesit hoe die dag bydra tot hul veldtog “Los nuwe spore”, deur “nie net nuwe toerusting op boere se plase te kry om produktiwiteit met nuwe tegnologie te verhoog nie, maar ook om nouer met die boere saam te werk.”

Werklike veldwerk-toets

Op Aser Nel se plaas het die trekker ‘n duidelike indruk gemaak. Hy sê:

“Ek het nog nooit soveel krag in ‘n trekker gesien nie, … met die tegnologie en aanpassings wat John Deere aan die ontwerp van die rusperbande gemaak het, sit hierdie trekker waarlik sy krag op die grond neer.” Hy het verder genoem dat die trekker sy maksimum wringkrag op lae enjin‑omwentelings bereik, wat brandstofverbruik verminder.

Wat beteken dit vir boere?

Die demonstrasiedag tussen Hoopstad en Wesselsbron het duidelik gewys, die 9RX 830 is nie net ’n masjien nie, maar ’n kompleet geïntegreerde stelsel wat krag, tegnologie, en bestuursgemak kombineer om moderne Suid-Afrikaanse boere te help groei. Met ’n betroubare vervaardiger‑agtergrond, bedryfsprestasie, tegnologie vir presisieboerdery, en finansiële vennootskap deur Senwes, bied die trekkrag en vlak van integrasie van hierdie trekker ’n duidelike voordeel vir boere wat bereid is om die volgende stap te neem.

Kontak asseblief jou John Deere- of Senwes‑ handelaar vir meer inligting.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0