Oktober
Vlakte Bonsmara 14de Bulveiling: 20 Oktober 2023
Die Vlakte Bonsmara Studiegroep het sy ontstaan te danke aan ’n aantal vooruitdenkende Bonsmara Beesboere op die Springbokvlakte in Limpopo. Na suksesvolle aanbied van individuele kommersiële veilings het stigterslede Tian Kruger, Hardus de Beer, Cheem Prinsloo, Johan Mong en Jean Gouws besluit om die Vlakte Bonsmara Studiegroep te stig.[...]
VIVO Boerebemarkingsdag – Limpopo se grootste landbou-ekspo
Limpopo se grootste LANDBOU-EKSPO, die jaarlikse VIVO BOEREBEMARKINGSDAG is terug in 2023 – en beloof om nog groter te gaan as ooit tevore! Hierdie fantastiese Landbouskou-naweek vind plaas op 12, 13 & 14 Oktober 2023 te Vivo, Limpopo, 12 Oktober is dit die CASMAR Losgoedveiling en 13 -14 Oktober[...]
Prins Albert Landbouskou 19-21 Oktober 2023
Prins Albert Landbouskou spog weer die jaar met sy jaarlikse landbouskou met ’n wye verskeidenheid van aktiwiteite. Kontak Karla Koorts by 076 470 9772 of per e-pos palandbougenootskap@gmail.com, vir meer inligting.
Loeriesfontein-skou 19-21 Oktober 2023
Die jaarlikse Loerfontein-skou spog die jaar weer met sy tentoonstelling. Kontak Jannie Loots by 082 859 1439 of 027 662 1575 of per e-pos irmarik@telkomsa.net, vir meer inligting.
Villiersdorp Landbou Skou 13-14 Oktober 2023
Villiersdorp spog weer die jaar met sy jaarlikse tentoonstelling van vee. Kontak Villiersdorp. Johannie Barnard by 083 312 1476 of per e-pos skoongesig@breede.co.za, vir meer inligting.