Vlakte Bonsmara 14de Bulveiling: 20 Oktober 2023

362664266_772416948023652_7547673999167310087_n
Die Vlakte Bonsmara Studiegroep het sy ontstaan te danke aan ’n aantal vooruitdenkende Bonsmara Beesboere op die Springbokvlakte in Limpopo.
Na suksesvolle aanbied van individuele kommersiële veilings het stigterslede Tian Kruger, Hardus de Beer, Cheem Prinsloo, Johan Mong en Jean Gouws besluit om die Vlakte Bonsmara Studiegroep te stig. Uitnodiging van bykomende lede het hierna gevolg, gebaseer op die vereiste dat nuwe toetreders die hoë standaarde wat gestel is, kan navolg. Die groep het sedertdien van krag tot krag gegroei met verskeie prestige veilings wat gehou is oor die jare. Die groep bestaan tans uit 20 lede, met gesamentlike koeikuddes van meer as 2000 produserende Koeie.
Sedert die groep se ontstaan in 2007 het ook verskeie stoeterye die lig gesien vanuit bestaande geledere. Die passie en toewyding van die telers is tekenend van hul prestasiedrif en liefde vir die Bonsmararas. Tog word geen onderskeid getref tussen stoet- en kommersiële telers binne die groep nie,.trouens die kommersiele telers bestuur hul kuddes op uitsluitlike stoetmeting beginsels. Die groep het ook in 2020 besluit om ‘n eksklusiewe Vlakte Bonsmara veilingslokaal op te rig op een van die stigterslede Tian Kruger se plaas Doornpan, waar die eerste veiling in Oktober 2020 met groot sukses aangebied is.Daar is sedertdien ook ‘n skaal geïnstalleer en die groep beoog om voortaan ook Speenkalf en Vetvee veilings aan te bied op dieselfde perseel onder die Vlakte Bonsmara Vaandel. Die veilingslokaal word as ‘n aparte kommersiële entiteit bestuur binne die Vlakte Bonsmara Studiegroep.
Stoettelers
Die erns en passie waarmee die onderskeie stoeterye teel word weerspieël in die gereelde navrae na teelmateriaal en goeie ondersteuning deur kopers op ons jaarlikse bulveiling. Voorts is die telers voortdurend in die mark vir die aankoop van meerderwaardige teelmateriaal van rigtinggewende stoeterye soos oa. die van Arthur de Villiers; die Ralfe familie; Fourie Scheepers; John Lichti en Syferfontein Bonsmaras– om maar enkeles te noem. Toekomstige teelbulle word uiters streng geselekteer en deurloop n groeitoets (Fase D) toetsprogram ten einde net die beste diere aan die mark beskikbaar te stel.
Uiteraard bly die norm om net teeldiere te keur wat ‘n bydra tot kommersiële en stoettelers se kuddes te kan lewer. Uitskotdiere word sonder skroom geslag en daar bestaan nie ‘n term soos ‘n “grensgeval” bul nie.
Hierdie filosofie word gerugsteun deur die feit dat slegs ongeveer 70 bulle per jaar uit ‘n totale teelgroep van ongeveer 2000 stoetdiere aan die mark beskikbaar gestel word. Voorts poog stoettelers om groepinteling te beperk deur sover moontlik verskillende teellyne in die onderskeie teelprogramme te volg ten einde ‘n diverse bron van genetika aan kopers daar te stel.
Die volgende buleiling vind 20 Oktober 2023, 11:00 by plaas Doornpan, Roedtan.
Op aanbod:
Dagboek gerus Vrydag 20 Oktober 2023 vir die Vlakte Bonsmara studiegroep se 14de Bulveiling.
Kom kies uit 50 topgehalte Bulle met 30 Dae gratis allesomvattende dekking op bulle, asook 400 km gratis vervoer op bulle sowel as vroulike diere.
- 50 Geregistreerde bulle
- 250 stoet en kommersiële vroulike diere
Besoek die Vlakte Bonsmara studiegroep se Facebookblad by https://www.facebook.com/VlakteBonsmaraStudiegroep/
Kontak die Vlakte Bonsmara studiegroep by https://www.vlaktebonsmara.co.za/ of info@vlaktebonsmara.co.za
Die telers:
Kameeldoring Bonsmara Stoet – Andries Kruger – 082-339-5633

KDT Bonsmaras – Kobus du Toit – 082-414-1412

Leon Riekert en Seuns Bonsmara Stoetery – Leon Riekert – 066-542-7979

Tian Kruger Boerdery – Tian Kruger – 082-524-8343 / 082-927-2471

Aldigo Bonsmaras – Jean Gouws – 082-789-1489

Frits Kroon Bonsmaras – Frits Kroon, 082-884-1600

Thaba Kwena – Wicus & Henk Pretorius – 082-696-1000 / 071-896-9800

Bosland Boerdery – Johan Boshoff, – 082-377-0290
Kyk ook Mei 2023 se veilings hoogtepunte hier.