Wiele
2025 Omoda C7 1.6 TGDI Elegance: ‘n Treffende voorkoms en goeie waarde maak die C7 ‘n aantreklike opsie
Omoda is die luukse handelsmerk van die Chinesevervaardiger Chery. In Suid-Afrika was die Omoda C5 die eerste model van hierdie handelsnaam wat plaaslik bekendgestel is. Sedertdien het die vlagskip C9 ons mark getref en einde laasjaar het die C7 tussen die twee ingeskuif en daarmee die hoogs mededingende middelgrootte[...]
2026 RENAULT DUSTER: Mooier, beter en meer bekostigbaar
Renault SA het onlangs sy opgedateerde Duster in Suid-Afrika bekendgestel en ons was aangenaam verras tydens die plaaslike bekendstelling in die mooiste Kaap. Die 2026 Duster word gebou in Renault se fabriek in Chennai, Indië wat beteken dat die Roemeense Duster uit en met Europese spesifikasies amptelik iets van[...]
Auto & Truck Tyres (ATT): Waar die regte band die gewig van die myn dra
In die mynbedryf is ’n band veel meer as bloot die raakpunt tussen ’n voertuig en die grond. Dit dra geweldige vragte, moet ruwe terrein trotseer en moet dag ná dag betroubaar presteer in ’n omgewing waar onbeplande stilstand ’n direkte invloed op produksie en winsgewendheid het. Dit is[...]
2026 GAC GS3 Emzoom Nova
Die GAC GS3 Emzoom, wat in een van die mees mededingende segmente meeding, het aanvanklik maar ‘n opdraende pad geklim, grootliks te wyte aan onmededingende pryse. Die byvoeging nou van 'n aansienlik meer bekostigbare intreevlakweergawe bekend as die Nova, behoort die vooruitsigte vir groter verkoopsyfers te verbeter. Agtergrond GAC[...]
2026 TOYOTA HILUX – Taaier en beter as ooit
Toyota Suid-Afrika het einde Junie 2026 die 9de generasie van sy immergewilde Hilux-bakkie in ‘n asemrowend mooi Namibië bekendgestel en ons was daar. Na ongeveer 1000 kilometer se vinnige sout en grondpaaie was ons dit eens – die 2026 Hilux is ongetwyfeld die beste op hierdie oppervlaktes en ritomstandighede[...]