Bonka Bonsmara en Marais Bonsmara se produksieveiling is om die draai

Produksieveiling-Bonka-Bonsmara-Marais-Bonsmara
Bonka Bonsmara, in samewerking met Marais Bonsmara bied se produksieveiling vind hierdie jaar op Woensdag 11 Mei 2022 om 11:00 plaas.
Die veiling kan bygewoon word by die KLK Kuruman Veilingskompleks.
Die volgende diere word aangebied op die dag:
- 35 Veldaangepaste SP Bulle.
- 300 Kommersiële vroulike diere (In alle produksiestadiums).

Teelwaardes van bulle is op Bonsmara webwerf beskikbaar.
Bonka Bonsmara stoet bestaan sedert 1975 in die Kalahari. Bonka Bonsmara was die eerste Bonsmara stoetery in die Kalahari sandveld.
Die kuddenaam Bonka is ‘n samevoeging van die “Bon” in Bonsmara en die “Ka” in Kalahari. Die Bonka Bonsmara kudde voorvoegsel is OB en is afgelei van Olivier Broers.
Bonka Bonsmara is ook ‘n stigterslid van die stoet groepteelskema Bonsmara Genepoel Edms Bpk. Dit is ‘n stoet groepteelskema sedert 1981 wat ook ‘n bulrotasieskema insluit.
Die telers wie se diere op die dag aangebied word is Gert en Johan Olivier van Bonka Bonsmara, en Kobus Marais van Marais Bonsmara.
Die afslaer is Chris Hendriks.
Om meer uit te vind oor die veiling, besoek ook hul webtuiste of hulle Facebookblad. Meer inligting is beskikbaar op Agri4all.com.

