Benut veelsydigheid: MG Jacobsz Boerdery se reis met Valtra-trekkers

_6_X9237
Die Valtra-voorlaaier speel 'n belangrike rol by MG Jacobsz Boerdery.
MG Jacobsz Farming op Oppermanskraal in Bergville, KwaZulu-Natal, is ՚n gevestigde landbou-onderneming wat bekend is vir sy kommersiële beesteling en uiteeenlopende gewasboerderybedrywighede. Gielie Jacobsz, vyfdegeslag boer, boer in die Bergville-, Harrismithen Van Reenen-distrikte onder die maatskappynaam, MG Jacobsz Farming.
Gielie sê: “Ek is baie, baie bevoorreg om twee van my seuns, Thomas en Rob, saam met my te hê. Soos dit langs al die geslagte oorgedra is, kan ons hierdie plaas terugspoor na 1896, want dit is toe alles eintlik begin het.”
Thomas, Gielie se seun, verduidelik: “Gedurende ons boontjieplukseisoen het ons ՚n probleem ondervind om die droëbone op te tel en in windrye te pak. Aanvanklik het ons dit met die hand gedoen, maar toe die hektare
toegeneem het, kon ons nie meer byhou nie. ValtraC het hul Pickett-windryer aan ons gedemonstreer, en ons het dit dadelik as die oplossing gesien.
“Die windryer het ՚n trekker nodig wat agteruit kan ry om dit doeltreffend te gebruik. Baie mense doen dit deur
gedurig agtertoe oor hulle skouers te kyk, maar ValtraC het ingespring met hulle Valtra TwinTrac-trekker.”
Valtra is die enigste vervaardiger wat trury as ՚n fabriekspasopsie op trekkers aanbied, waar die hele sitplek met kontroles 180 grade draai om ՚n versteekte stuurwiel te openbaar wat die operateur kan gebruik om die
trekker te beheer.
Gielie voeg by: “Dit is so ՚n snaakse storie; ons buurman het eendag met sy helikopter oor ons plaas gevlieg waarna ek ՚n telefoonoproep ontvang het, want hy kon nie glo dat ons besig is om alles agteruit te doen nie. Hy het nie besef dat die trekker ՚n stuurwiel het wat anderpad wys nie, en vra, kry jy nie ՚n spasma in jou nek nie?
“Dit is waarskynlik die veelsydigste trekker wat ek nog ooit besit het, en iets waarna ek die afgelope 30 jaar in ՚n trekker gesoek het.”
Veelsydige Valtra-trekkers
Valtra-trekkers is bekend vir hulle veelsydigheid, wat hulle ideaal maak vir die uiteenlopende behoeftes van MG Jacobsz Farming en alle ander boerderye. Of dit nou ploeg, plant of oes is, hierdie trekkers hanteer ՚n wye reeks
landboutake met gemak. Die vermoë om vinnig en doeltreffend tussen verskillende werktuie te wissel stel die boerdery in staat om produktiwiteit te verhoog en staantyd te verminder.
Thomas sê: “Met verdere ondersoek na wat Valtra vir die res van ons vloot kan doen, het ons uiteindelik ook ՚n
paar Valtra BH-reeks trekkers gekry – eenvoudig, oopstasie, robuust. Hulle het krag en hulle kan al die klein werkies ook doen. Daarmee het ons besluit om ՚n trekker met volledige spesifikasies vir plant aan te skaf, en ons het op die Valtra T235 Versu besluit.”
Thomas kan nie ophou praat oor hierdie trekker en sy kenmerke soos die reeks take waarvoor die trekker geprogrammeer kan word nie: “As jy aan die einde van die land kom, verlaag hy sy enjinomwentelinge, skakel twee
ratte laer, begin die werktuig optel en begin draai op die mees doeltreffende manier moontlik. Na die draai laat sak die trekker die werktuig, skop 4×4 in en gaan voort met die taak. Die trekker is versoenbaar met Smart Turn-en
Auto U-aandryffunksies, wat beteken dat die trekker bewus is wanneer jy die wenakker nader en dan die voorafgeprogrammeerde volgorde begin om alle trekkerfunksies te beheer en te draai sonder enige bestuurderingryping. Bo dit alles is die opstelling van die program baie maklik op die Smart Touch-skerm.”
Bray Hayland, wat Valtrac in Kwazulu-Natal verteenwoordig, sê: “Die vlagskiptrekker hier op die plaas is beslis die T235 Versu met sy ՚n aansienlike reeks ge-outomatiseerde kenmerke wat die boer en die operateur se lewe maklik maak. Met Valtra se volgorde-funksie kan jy die trekker programmeer om al jou take outomaties uit te voer. Die funksie werk die maklikste en vinnigste manier uit om by die wenakker om te draai, wat jou doeltreffendheid verhoog, jou ledige tyd verminder, brandstof bespaar en jou bedryfstyd verhoog.”

Thomas Jacobsz geniet die gevorderde
tegnologie wat Valtra-trekkers bied.
Koste van eienaarskap met Valtra
Een van die uitstaande kenmerke van Valtra-trekkers is hulle lae koste van eienaarskap. Die trekkers is ontwerp vir
duursaamheid en betroubaarheid, wat die behoefte aan gereelde herstelwerk en instandhouding verminder. Boonop help Valtra se slim boerderytegnologie om brandstofverbruik te optimaliseer en insetkoste te verminder, wat neerkom op aansienlike besparings op die lang duur.
Rob, Gielie se ander seun, sê: “In ons boerdery het ons veelsydige trekkers nodig. Ek dink baie Suid-Afrikaanse boere
is gedwing om meer veelsydig te wees en te boer, en diversifisering is nou belangrik in die bedryf, aangesien marges in boerdery so laag is. Elke werktuig, voertuig, sleepwa, van ՚n kruiwa tot die grootste trekker, word bereken. Aan die einde van die boekjaar bepaal ons watter voertuie of toerusting ons te veel kos, en watter kos ons die minste.
“Sedert ons, ons vloot na hoofsaaklik Valtra-trekkers oorgeplaas het en na ՚n meer Europese boerderystyl oorgegaan het, het ons gesien hoe ons eienaarskapskoste nogal dramaties gedaal het, en net omdat die trekkers baie meer veelsydig is, het die werklike ure se werk toegeneem.”
Gielie sê om te meet is om te weet en by MG Jacobsz se boerdery word alles bereken en gekalibreer, geargumenteer en daaroor gedebatteer om aan die einde sukses te behaal.

Die Jacobsz-gesin: Thomas saam met sy pa, Gielie, en broer, Rob.
Langtermyn besparing
Belegging in Valtra-trekkers het bewys dat dit ՚n kostedoeltreffende besluit vir MG Jacobsz Farming is. Die gevorderde tegnologie wat in hierdie trekkers geïntegreer is, soos presisieboerderygereedskap en geoutomatiseerde
stelsels, verseker doeltreffende gebruik van hulpbronne. Dit verhoog nie net opbrengs nie, maar verminder ook vermorsing en bedryfskoste. Op die lang duur dra die besparings op brandstof, instandhouding en insette by tot ՚n
gesonder winspunt vir die plaas.
“Ons gebruik nou net Valtratrekkers op die plaas, van die Valtra-voorlaaiers tot die Valtratrekkers wat sny, baal – ons gebruik selfs ons Valtras om die bale rond te karwei. Ons het 500 meer bale per jaar gemaak as voorheen, en ons het uiteindelik sowat 4 000 liter diesel bespaar,” sê Thomas.
Rob voeg by: “Die prys van Valtratrekkers is baie mededingend en in vergelyking met baie van die mededingers, is Valtra-trekkers goedkoper as jy na jou bedryfskoste kyk, baie brandstofdoeltreffend, en jou trekker kan aanpas by die
spesifieke toepassing wat wat jy doen. Dit maak dit baie doeltreffend oor die lang termyn, aangesien die trekker nie onnodig op 100% kapasiteit loop wanneer dit nie nodig is nie. Met al sy tegnologiese vooruitgang en veelsydigheid werk die trekker baie ure, maar die verhouding van uitgawes tot ure word laer. So, jy kan een trekker in plaas van twee hê, of drie trekkers in plaas van vyf.”
Gielie sluit af: “Soos ek dit sien, sal die nalatenskap wat ek aan die familiebesigheid agterlaat, net van krag tot krag gaan. Tegnologie gaan dag na dag, jaar na jaar, seisoen na seisoen ՚n baie groter rol speel, en ek dink die produk wat ons gebruik groei met daardie tegnologie, en met die rugsteun wat ons van ValtraC kry, is ek absoluut seker dat dit moontlik sal wees.”

Die Valtra-trekker wat in die voerkraal gebruik word om die beeste te voer.
Deur Valtra-trekkers te kies, het MG Jacobsz Farming hulleself aan die voorpunt van moderne landbou geposisioneer, en pluk die voordele van veelsydigheid, kostedoeltreffendheid en langtermynbesparings.
Vir meer inligting oor Valtra se veelsydige trekkers, besoek hulle webwerf by www.valtrac.co.za.