Categories: Meganisasie, NuusPublished On: 2nd December 2022

Aanstelling van Besturende Direkteur: Case IH

By 1 min read
174 words

Stefan Nel_Landscape

Stephan Nel neem amptelik vanaf 1 Desember 2022 die rol oor as die Besturende Direkteur van Case IH. Hy neem met dié aanstelling verantwoordelikheid vir die leierskap en ontwikkeling van die CaseIH-handelsmerk sowel as die Northmec Implemente-afdeling. 

Met sterk bande aan hul familieboerdery in Mpumalanga en ondervinding in die landboumeganisasiebedryf wat strek oor ‘n dekade, bring Stephan sterk vaardighede wat hom ideaal maak vir hierdie belangrike posisie. Stephan se vroeë ervaring sluit belangrike rolle in verkope, strategiesebeplanning, handelaarsontwikkeling, kliente- en produkbestuur sowel as bemarking in wat strek oor Sub-Sahara-Afrika en die Midde-Ooste.

Stephan het sy graad in Bsc Landbou-Ekonomie en Besigheidsbestuur aan die Universiteit van Pretoria verwerf.

Die maatskappy is opgewonde om Stephan in hierdie belangrike posisie te verwelkom en sien uit na die waarde wat Stephan se energie en kundigheid gaan bring tot die maatskappy.

Stephan is getroud met Sanet, en het 2 dogters.

Ons wens hom alle sterkte toe in sy nuwe pos en ons is vol vertroue dat hy ‘n beduidende bydrae tot die groei en sukses van die CNH Industrial-groep gaan maak.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0