Riverglen se Beefmaster- en Brahman genetika maak oplewering in die bedryf

riverglen
Riverglen het tot dusver groot vordering gemaak met hulle uitgebreide veilingsaanbiedinge. “Ons is net so trots op vanjaar se veiling en wat ons aangebied het, en ons het van die beste top Brahman- en Beefmaster-genetika in die land beskikbaar,” sê eienaar Martin de Waal.
Martin vertel: “Ek wil ook dankie sê aan al ons ondersteuners en lojale kliënte wat jaar na jaar terugkeur na ons produksieveilings. Ek wil ook dankie sê aan almal wat bygedra het tot die veiling se beplanning. Ek is werklik gelukkig om mense in my lewe te hê wat my in alle opsigte ondersteun.
“Die boere wat vandag bie, sal ongetwyfeld ‘n dier kry waarvoor daar ’n behoefte op hulle plase is,” sluit Martin af.
Die gemiddelde en hoogste pryse van die dag
Bulle:

Die duurste geregistreerde Beefmasterbul, Lot 4 (RW 200053), is vir R90 000.00 verkoop.
Vier geregistreerde Brahmanbulle, Lot 40 (RGW20477), Lot 42 (RGW208260), Lot 45 (RGW20699) en Lot 46 (RGW20647) is elk vir R35 000.00 verkoop.
Vroulike diere:

- Die duurste geregistreede Beefmasterverse, Lot 30 en 31, is elk vir R21 000.00 verkoop.
- Die kommersiële Beefmasterverse, Lot 63, is elk vir R17 000.00 verkoop.
- Die duurste geregistreede Brahmanverse, Lot 30 en 31, is elk vir R21 000.00 verkoop.
- Die kommersiële Brahmanverse, Lot 67, is elk vir R21 000.00 verkoop.
- Die kommersiële Charbray-tipe verse, Lot 69 en 70, is elk vir R16 000.00 verkoop.
- Die kommersiële Brahmankruisverse, Lot 72, is elk vir R16 000.00 verkoop.
As jy jou veiling wil bemark kontak:
Lynette van Tonder – 074 694 4422 – lynette@agri4all.com
Tiny Smith – 082 698 3353 – tiny@agri4all.com

