Categories: NuusPublished On: 25th September 2019

Wintergraan landboutoestande

By 2 min read
366 words
mielies

DSC_0433

WES-KAAP

Die Wes-Kaap het die afgelope week, ‘n paar baie warm dae met hoë temperature gehad wat verliese op opbrengste verhoog het. Ondergemiddelde opbrengste word vir alle wintergraangewasse in die Wes-Kaap verwag.

SWARTLAND

Die jaar tot hede was baie wisselvallig. Baie hoë temperature wek groot kommer aangesien die koring in sy blomfase is en daar nie oortollige vog in die grond is om hierdie hitte periode te weerstaan nie. Hitte- en droogtetoestande veroorsaak dat die oes van gemiddeld na ondergemiddeld verswak. Koring in gebiede agter die Koringberg is besig om dood te brand.

RÛENS

Augustus/September was baie droë maande in die Overberg. Min ondervog is beskikbaar en die gewasse trek swaar. Baie kanola blomme, peule en kleingraan syare het afgespeen. Graan is in aarvulsstadium en gewasse se vogbehoeftes is hoog, met die huidige hoë temperature en droogte wat skade verhoog. Vroeë aanplantings wat verder ontwikkel is lyk oor die algemeen beter. Die behoefte aan reën is noodsaaklik

Die gebied tussen Bredasdorp en Ouplaas is van die begin af baie droog en die potensiaal is reeds baie laer as die gemiddeld. In die Protem en Klipdale gebiede word ondergemiddelde oeste verwag. In Bredasdorp/Napier kan ‘n onder- tot gemiddelde oes realiseer indien reën krities voorkom. In die Strandveld/Haasvlakte gebied word ondergemiddelde oeste verwag.

SUID-KAAP

Min tot geen reën het sedert 23 Julie in die Suid-Kaap voorgekom en die gebied is baie droog. Ondergemiddeld tot gemiddelde oeste kan in die gebied realiseer. Daar is reeds kampe wat bewei word as gevolg van wintergraan wat nie gevul het nie. Baie kanola blomme, peule en kleingraan syare het afgespeen.

VRYSTAAT

OOS-VRYSTAAT

Koring vertoon oor die algemeen baie mooi en goeie gemiddelde opbrengste word verwag. Reën in Oktobermaand noodsaaklik om opbrengspotensiaal te behou.

NOORDWES-SENTRALE VRYSTAAT

Tans trek die koring baie swaar en reën word krities benodig om opbrengs verliese te voorkom.

NOORD-KAAP

Die koring vertoon oor die algemeen baie mooi. Gemiddelde tot bo-gemiddelde opbrengste word oor die algemeen verwag. Ten spyte dat beide Gariep- en Vanderkloofdamme 80% vol is, en daar groot dankbaar onder boere is, is dit oor die algemeen baie droog en is daar amper geen weiding vir vee nie.

Bron: Graan SA

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0