Categories: Artikels, Hulpbronbestuur, Voerproduksie en -hanteringPublished On: 9th June 2026

Waarom voermengers en hamermeulens steeds die hart van voerproduksie vir veeboere is

By 4 min read
729 words

DSC_0232

Vir enige veeboer begin winsgewendheid nie noodwendig in die kraal, voerkraal, melkstal of weiding nie…dit begin by die voer. Voer verteenwoordig dikwels die grootste enkele uitgawe op ‘n veeplaas, en daarom is dit noodsaaklik dat elke kilogram voer optimaal benut word.

Tydens NAMPO vanjaar het Drotsky weer hul bekende reeks hamermeulens, voermengers en pilmasjiene uitgestal en aan boere gewys. Dit het opnuut die aandag gevestig op een van die belangrikste, maar dikwels onderskatte prosesse in veeproduksie: voermaal.

Vir meer as 60 jaar help Drotsky veeboere om hul eie voer te verwerk en rantsoene meer doeltreffend saam te stel en te meng. Hoewel baie boere die waarde van goeie voer inhoud verstaan, word die rol van die maalproses dikwels onderskat.

Waarom word voer gemaal en gemeng?

Die hoofdoel van voermaal en voermeng is om voerinhoud meer verteerbaar te maak. Wanneer mielies, sorghum, lusern of ander voerbestanddele deur ‘n hamermeul verwerk word, word die deeltjies kleiner en meer eenvormig.

Dit stel diere in staat om voedingstowwe makliker te benut, wat beteken dat meer energie en proteïene uit dieselfde hoeveelheid voer verkry kan word. Vir die boer beteken dit beter voeromsetting, verhoogde energie, gewigstoename en uiteindelik beter winsgewendheid.

Die invloed van deeltjiegrootte op dierprestasie

Min mense besef hoe groot die invloed van deeltjiegrootte op dierprestasie kan wees.

Wanneer voer te grof gemaal word, kan voedingstowwe minder doeltreffend benut word. Indien dit té fyn gemaal word, kan dit weer ander uitdagings veroorsaak, soos verhoogde stofvorming of verteringsprobleme.

Die geheim lê daarin om die regte balans te vind. Daarom speel die ontwerp en werkverrigting van ‘n hamermeul ‘n belangrike rol in die gehalte van die finale rantsoen.

‘n Eenvormige produk verseker dat diere nie sekere bestanddele uitsoek en ander los nie, wat help om vermorsing te verminder en voedingsinname meer konsekwent te maak.

Voermaal bespaar tyd en geld

Wanneer materiaal reeds tot die korrekte deeltjiegrootte gemaal is, werk mengers vinniger en meer effektief. Dit verminder verwerkingstyd, verlaag energieverbruik en verhoog die kapasiteit van die voerproduksiestelsel.

Baie boere wat hul eie voer vervaardig, gebruik hamermeulens as die eerste stap voordat voer gemeng of verpil word. Hoe beter die maalproses, hoe gladder verloop die res van die produksieketting.

Die sleutel tot gehalte-voerpille

Voermaal speel ook ‘n kritieke rol in verpilling. Vir sterk, duursame voerpille is ‘n konsekwente deeltjiegrootte noodsaaklik. Wanneer voer inhoud ongelyk verwerk word, kan pille maklik breek, meer stof vorm en voerverliese verhoog.

Dit is een van die redes waarom die vraag na pilmasjiene en geïntegreerde voerproduksiestelsels die afgelope paar jaar toegeneem het. Al hoe meer boere wil beheer neem oor hul eie voergehalte en produksiekoste.

Beskerming van voer en toerusting

Interessante tegnologie wat vandag in baie moderne hamermeulens gebruik word, is magnetiese beskermingstelsels.

Hierdie stelsels vang metaalvoorwerpe soos spykers, stukke draad en enige ander metaalvoorwerpe op voordat dit die masjien kan beskadig of in die finale voerproduk beland. Dit beskerm nie net die toerusting nie, maar dra ook by tot beter voergehalte en groter gemoedsrus vir die boere. Hoewel dit soos ‘n eenvoudige toevoeging mag klink, kan dit boere duisende rand aan herstelwerk en stilstand bespaar.

Die magnetiese plaat wat die staalmateriaal en partikels tussen voer opvang.

Meer as net toerusting

Vir Drotsky gaan dit egter nie net oor die vervaardiging van masjiene nie, hulle vervaardig reeds sedert 1962 toerusting in Suid-Afrika en fokus sterk op naverkopediens, tegniese ondersteuning en die beskikbaarheid van onderdele vir boere. Vir enige veeboer is stilstand gedurende ‘n besige produksieseisoen eenvoudig nie ‘n opsie nie.

Daarom is die beskikbaarheid van onderdele en kundige ondersteuning dikwels net so belangrik as die aanvanklike aankoop van die toerusting.

Drotsky bied ook herstel- en opgraderingsdienste aan, wat beteken dat bestaande toerusting dikwels opgeknap en gemoderniseer kan word om nog jare se diens te lewer.

‘n Langtermynbelegging

Wanneer voerkoste styg en winsmarges onder druk kom, word elke besparing belangrik. Doeltreffende voermaal help om voedingstowwe beter te benut, verminder vermorsing, verbeter rantsoengehalte en ondersteun beter en verhoogde diereprestasie. Daarom bly hamermeulens een van die belangrikste hulpmiddels in moderne veeproduksie.

Met meer as ses dekades se ervaring in die ontwerp en vervaardiging van voerverwerkingstoerusting verstaan Drotsky die uitdagings waarmee veeboere daagliks te doen het en bly hulle fokus op oplossings wat waarde toevoeg vir die boer, van die eerste maalproses tot die finale voerproduk.

Vir enige navrae kontak vir Drotsky by 011 864 1601 of stuur ‘n e-pos na alomia@drotsky.co.za

 

 

 

 

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0