Vrystaat Landbou bekommerd oor huidige landboutoestande
“Bid asb. saam met ons boere vir reën!” sê Francois Wilken, President van Vrystaat Landbou (VL). Wilken het by die 20 Streekverteenwoordigers van VL regoor die Vrystaat dieselfde boodskap gehoor, in die saai gebiede: “Die mielies en soja’s wat net begin opkom kry baie swaar, as dit nie in die volgende week reën nie gaan daar oorgeplant moet word – en baie boere het nie meer produksie krediet om dit te kan doen nie, daar is so ‘n derde van die boere wat nog nie eers kon begin plant het nie!
En in die vee gebiede: “Met die huidige hittegolf toestande het die laaste weiding van die seisoen opgedroog en is veeboere besig om voer ten duurste aan te koop – die wie wel nog voer in die hande kan kry en dit kan bekostig”.
VL het ‘n brief aan die LUR Landbou geskryf om haar te vergewis van die situasie op die grond. Hoewel daar niks is wat sy aan die weer kan doen nie, is hierdie situasie haglik en boere kan eenvoudig nie enige ekstra kostes aangaan nie. Boere gaan huidig gebuk onder onnodige veldbrande, gevegte oor vee wat onwettig wei, instandhouding van openbare paaie, verliese as gevolg van besoedelde munisipale afvalwater, ens. waaroor die regering wel beheer en ‘n mandaat voor het.
VL doen ook ‘n beroep aan enige iemand wie wel nog voer beskikbaar het om asb. dit beskikbaar te stel via die plaaslike Landbou Vereniging vir boere wat in nood is. Donasies of aanbiedinge van voer wat te koop is, kan aan VL se kantore deurgegee word via 051-444-4609 of ‘n WhatsApp te stuur aan 071-672-0271. Daar is veral ‘n behoefte aan molasse of supplemente wat met koringstrooi gemeng word sodat dit makliker deur diere verteer kan word.
Donasies kan aanlyn gemaak word op https://vrystaatlandbou.co.za/af/donate/ of direk inbetaal word aan die Vrystaat Landbou Ondersteuningstrust:
Rekening naam: VRYSTAAT LANDBOU ONDERSTEUNING
Rekening Nommer: 240280083
Rekening tipe: BUSINESS CURRENT ACCOUNT
Tak: BRANDWAG
Tak kode: 055534
Tak kode (elektronies paaiemente) 051001
Verwysing: Droogtehulp
Daar kan ook met Agri Arlington geskakel word wie ‘n versoek vir help aan VL gerig het: Voorsitter: Johnny Roodt, sel: 073-183-0770, e-pos: agriarlington@mail.com
Bron: Vrystaat Landbou