KragDag 2026 bied meer as ooit: 700+ uitstallers, nuwe hoogtepunte en ‘n propvol program

kragdag
Diamantvallei Landgoed, Rayton | 6–8 Augustus 2026
KragDag 2026 open hierdie week sy hekke en beloof om die grootste en mees omvattende weergawe van die ekspo nóg te wees. Met meer as 700 uitstallers, ‘n uitgebreide program, praktiese demonstrasies en splinternuwe aantrekkings is daar vanjaar meer as ooit vir besoekers om te beleef.
Die ekspo fokus op selfstandigheid, innovasie, entrepreneurskap, landbou, alternatiewe energie, tegnologie en gemeenskapsontwikkeling, en bied oor drie dae honderde geleenthede om nuwe produkteen idees te ontdek. Die hele tema van KragDag is “Doen jou eie ding!” – om mense toe te rus met praktiese oplossings vir ‘n meer selfstandige leefstyl.
Programhoogtepunte
Kopskuif Ateljee (saamgestel deur Lex Libertas)
Die Kopskuif Ateljee bied ‘n reeks aktuele gesprekke met bekende meningsvormers soos Dr. Ernst Roets, Steve Hofmeyr, Dawie Roodt en Gareth Cliff.
Onderwerpe sluit onder meer in:
- “3 000 wit kruise op pad na Washington”
- Vryheid en identiteit
- “Wanneer kom die belastingopstand?”
- Alternatiewe media
- Cancel culture
- Gemeenskapselfstandigheid
Volledige program:
https://www.kragdag.co.za/webtuiste/ekspo/ekspo-program/raadsaal
MPO Landbouprogram
Die Skouring bied drie dae se landbougesprekke, demonstrasies en paneelbesprekings aan met van die land se voorste kenners.
Hoogtepunte sluit in:
- Paneelgesprek oor die BEK-krisis
- Plaasveiligheid en regsbeskerming vir boere
- Presisieboerdery, satelliete en hommeltuie
- Sonkrag- en off-grid demonstrasies
- Vark- en suiwelboerdery
- “Gaan boer in Amerika? Of bly en bou hier?”
Volledige program:
https://www.kragdag.co.za/webtuiste/ekspo/ekspo-program/skouring
ATTSA-verhoog
Geniet deurgaans lewendige musiek en vermaak oor al drie dae.
Program:
https://www.kragdag.co.za/webtuiste/ekspo/ekspo-program/verhoog
Ketelkraal-verhoog
Nog ‘n verhoog met ‘n uiteenlopende kunstenaarsprogram en optredes.
Program:
https://www.kragdag.co.za/webtuiste/ekspo/ekspo-program/ketelkraal-verhoog
Sandput
Pret, aktiwiteite en vermaak vir die jongspan.
Program:
https://www.kragdag.co.za/webtuiste/ekspo/ekspo-program/sandput
Arena
Lewendige demonstrasies en aksie deur die dag, onder andere:
- Kaiser K9-hondedemonstrasies
- Perdevertonings
- Ander praktiese demonstrasies
Program:
https://www.kragdag.co.za/webtuiste/ekspo/ekspo-program/arena
Nuwe hoogtepunte vir 2026
Vanjaar se ekspo bied verskeie nuwe toevoegings, waaronder:
- 4×4-avontuurbaan waar nuwe voertuie toetsbestuur gaan word
- Meer as 700 uitstallers
- Nuwe Toerisme- en Avontuur-area
- Elektriese voertuig-herlaaisone
‘n Ekspo vir die hele gesin
KragDag bring onder een dak oplossings vir huishoudings, boere, entrepreneurs, besighede en gemeenskappe. Besoekers kan deur honderde uitstallings stap, praktiese demonstrasies bywoon, na kundiges luister, nuwe tegnologie ervaar en die dag saam met die hele gesin geniet.
KragDag 2026 vind plaas van 6 tot 8 Augustus by Diamantvallei Landgoed, net 20 km oos van Pretoria op die R515 naby Rayton.
Kaartjies is beskikbaar by:
https://tickets.tixsa.co.za/event/kragdag-ekspo-2026