Categories: Bykosse, ReseptePublished On: 16th August 2017

VONKIDOOL (Die naam is ‘n raaisel in sy eie reg)

By 1 min read
266 words
vonkidool

IMG-20170618-WA0117

Braai is seker een van die woorde wat jy die meeste oor ‘n naweek hoor. ‘n Baie goeie vriend van ons het my voorgestel aan hierdie “moerby” resep – ek het hom aangepas soos en dis hoe ek hom nou aan julle voorstel.

Jy benodig:

– 2 koppie Jasmyn of Basmati rys, half gekook

– Speserye na smaak (Spice for Rice werk heerlik)

– Verskeidenheid groente (murgpampoentjies, sampioene, pampoen, klein mielietjies, pepers ens – alles moet rou wees)

– halwe blok botter, in +/- 2cm blokkies gesny

Nou maak jy so:

– Kook die rys tot halfgaar (met ander woorde, hy moet net begin wit raak maar nie sag wees nie)

– Gooi dit in ‘n mengbak uit.

– Voeg nou 2 eetlepels Spice for Rice (of speserye van jou keuse) by en meng goed deur.

– Gooi jou rou, opgekapte groente in die bak en meng saam met die rys (Onthou, hoe kleiner die groente gesny is, hoe vinniger word dit gaar – maar moenie te klein gaan nie)

– Vou nou Foelie in ten minste vyf lae bo-op mekaar en plaas jou rys in die middel.

– Plaas jou botterblokkies eweredig oor die rys. Sprinkel met sout en peper.

– Vou die foelie deeglik toe.

– Plaas die pakkie op die braaier saam met jou vleis op die kole vir minimum 30 minute.

(Die rys stoom nou gaar in die Foelie).

Resep gegee deur: Daniëlle Terblanche from Deli-icious Catering. Skakel 012-335-0051, 079-617-3122 of stuur vir haar ‘n e-pos by dvdm87@gmail.com vir bestellings. Of besoek haar webwerf by: http://www.deliciouscatering.co.za.

0

Deel hierdie artikel.

Leave A Comment

0