Konfyt-vierkante

Konfyt Blokkies
Stel oond op 180 grade celcius.
Jy benodig:
– 310 ml koekmeel
– 1 t bakpoeier
– 1/4 t sout
– 125g sagte botter
– 80 ml suiker
– ½ koppie konfyt van jou keuse
Nou maak jy so:
– Vryf die botter in die meel in.
– Voeg die res van die bestanddele by.
– Meng tot sagte deeg.
– Druk twee derdes van deeg in gesmeerde, plat koekpan en plaas ander deeg in vrieskas.
– Smeer laag konfyt van jou keuse oor deeg in pan.
– Rasper deeg in vrieskas bo-oor konfyt .
– Bak vir 20-30 minute. Koel af en sny in blokkies.
Resep gegee deur: Daniëlle Terblanche from Deli-icious Catering. Skakel 012-335-0051, 079-617-3122 of stuur vir haar ‘n e-pos na dvdm87@gmail.com vir bestellings. Of besoek haar webwerf: www.deliciouscatering.co.za.
