Vlakte Bonsmara-groep se jongbeesveiling het weereens bewys dat goeie gehalte beeste die prys werd is!

Morgan Trading speenkalwers_Page_2
Die Vlakte-groep het op 12 Junie hulle jaarlikse jongbees veiling gehou met goeie pryse behaal.
Die top genetika van die teelmateriaal en die hoë keuringsstandaard wat die Vlakte-groep handhaaf, is ‘n direkte indikasie van die kliëntetevredenheid wat boere terugbring na die Vlakte-groep se jaarlikse veilings toe. Met byna 17 jaar se ervaring in die bedryf, weet die Vlakte-groep hoe om besonderse gehalte met diens daarmee saam te verskaf.
Indien jy nie die veiling kon bywoon nie, hier is die uitslae:
- Verse <200 kg verkoop vir R32,36 p/kg
- Tollies <200 kg verkoop vir R36,03 p/kg
- Verse 200-250 kg verkoop vir R33,63 p/kg
- Tollies 200-250 kg verkoop vir R34,75 p/kg
- Verse >250 kg verkoop vir R31,25 p/kg
- Tollies >250 kg verkoop vir R35,05 p/kg
- Oop verse verkoop vir R31,00 p/kg
- Supers verkoop vir R30,49 p/kg
- AB Koeie verkoop vir R28,08 p/kg
- Koeie verkoop vir R23,37 p/kg
- Bulle verkoop vir R24,51 p/kg
Die jongbees veiling het ‘n totale omset van R7 937 000 gehaal.

Die 15de Bulveiling vind plaas op Vrydag, 18 Oktober 2024, om 11:00 te plaas Doornpan, Roedtan. Merk solank jou kalender om dit nie mis te loop nie! Besoek die Vlakte webtuiste by https://www.vlaktebonsmara.co.za/ en bly op hoogte met die komende veilings wat plaasvind.