VIDEO: Vlakte Bonsmara Studiegroep 16de bulveiling | Maak gereed vir iets groot!

VlakteBonsmara-NLS-Jul2025
Sluit aan by die Vlakte Bonsmara Studiegroep op 17 Oktober 2025 om 11:00 vir hulle 16de Bulveiling wat plaasvind op die plaas Doornpan in die Roedtan-distrik, Limpopo. Hierdie dag beloof om veeboere topgehalte genetika te bied met 50 handgeselekteerde gehalte bulle en 250 eersteklas vroulike diere, insluitend beide stoet- en kommersiële diere. Kopers geniet boonop die voordeel van gratis vervoer tot 400 km op alle aankope, asook 30 dae versekering op bulle vir gemoedsrus.
Moenie hierdie gulde geleentheid misloop om in bewese Bonsmara-genetika te belê nie – diere wat bekend is vir hulle prestasie, aanpasbaarheid en winsgewendheid, en wat waarde aan jou kudde sal toevoeg vir die toekoms.