VIDEO: Springbokslot Bakkies Botha boer saam Agrico!

Screenshot 2024-11-27 132222
Vir Bakkies is boerdery nie net ‘n beroep nie. Dit is ‘n leefwyse; ‘n roeping wat hom verbind aan ons Skepper en die grond van ons pragtige land. Sy hart klop vir die ryk, vrugbare landerye en die landbougemeenskap van Suid-Afrika.
Ná ‘n legendariese rugbyloopbaan het Bakkies ‘n nuwe uitdaging aangepak: die wêreld van boerdery.
Op Andre Kock & Seun se plaas buite Warmbad besproei tien Agrico G3-spilpunte die voer. Bakkies meen dat jy weet waarvoor jy jouself inlaat en saam met wie jy werk as dit by spilpunte kom. Vir Bakkies, is dit Agrico spilpunte!