VIDEO: Shantui en CTEG: Gebou vir die uitdagings
SHANTUI_THUMBNAIL_VAL2026
Van mynbou tot landbou, Shantui bewys dat robuuste toerusting en betroubare werkverrigting hand aan hand gaan.
As die amptelike Shantui-handelaar bied CTEG ‘n wye reeks masjiene wat ontwerp is om produktiwiteit in verskeie bedrywe te verhoog. Hoewel Shantui tradisioneel sterk in die mynbousektor gevestig is, groei die handelsmerk sedert 2012 vinnig in die landboubedryf danksy sy uitstekende waarde, gehalte en betroubaarheid.
In hierdie video gesels Dylan Swart van CTEG oor Shantui se groei in Suid-Afrika, die voordele van hul masjiene en die sterk naverkoopdiens wat kliënte ondersteun. Met Weichai-enjins, ‘n uitstekende onderdelevoorraad en vinnige ondersteuning tydens onklaarrakings, bied Shantui oplossings waarop produsente kan staatmaak.
Kyk die video en ontdek waarom al hoe meer Suid-Afrikaanse boere Shantui kies.