Video: Hou die blink kant bo en die son uit jou oë met Alnet

Alnet YT TN
Alnet spesialiseer in skadunette, landbounette, grondseile, stormnette en meer onlangs ook bio-afbreekbare tou.
Tydens NAMPO 2025, wanneer die dae warm geword het, kon besoekers ‘n draai by Alnet se standplaas gaan maak om vir hulleself te ervaar hoe goed die maatskappy se nette werk.
Volgens Ernst Oosthuisen, landbouverkoopsbestuurder van Alnet, is die maatskappy die oudste skadunetvervaardiger in Suid-Afrika, met meer as sestig jaar se kennis waaruit boere kan put.
Kyk die video vir meer inligting: